Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God

Written by Chris van Wyk on 01/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Dit is ’n aangrypende eenvoudige Psalm, die noodkreet uit die hart van iemand wat swaarkry en God om hulp smeek.  Uit vers 4 wil dit lyk asof hy ook ’n gebrek aan lewenskrag ervaar benewens die vyand (Saul?) wat sy lewe soek (vers 3,5).  Sommige dink die vyand (enkelvoud) is die bedreiging van die dood.

Let op hoe hy die erns van sy noodkreet beklemtoon deur vier keer te herhaal: “Hoe lank nog, Here?”  Hy wonder hoe lank hy sy kommer (letterlik: “hartseer in my hart”!) op sy eie moet dra en sy eie planne moet maak (“wrestle with my thoughts” – NIV).   En sy behoefte is dat die Here nie weg sal kyk nie, maar na hom sal kyk en luister.  Vers 4 se begin kan beter vertaal word as: “Kyk tog en luister na my, Here, my God”.

Sy worsteling met die Here – let op nie net met sy omstandighede nie! – word opgevolg met ‘n besluit om die Here en sy troue liefde te vertrou, om te vertrou dat Hy uitkoms sal gee en aan hom goed sal doen (die vers maak meer sin as dit in die toekomstige tyd vertaal word, soos die Hebreeus inderdaad vertaal kan word).  Sy vertroue in die Here word dus uitgespreek terwyl hy nog in die greep van die spanning van sy omstandighede is.

Dit laat my dink aan Filippense 4:4-9, waar Paulus ons uitnooi om ons begeertes in alles aan God met gebed, smeking en danksegging bekend te maak, en ons gedagtes dan te rig op die positiewe, dit wat reg is, dit wat prysenswaardig is, dit wat edel is.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed