Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie

Written by Chris van Wyk on 04/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Psalm 16 is al op baie maniere in koorstukke verwerk, omdat dit só ’n pragtige prentjie skilder van die rus wat daar in die teenwoordigheid van God is.  Alles vloei uit die verwagting in die eerste vers: “Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.”

Let op hoe die Psalm gemaklik wissel tussen getuienis en gebed, tussen iets sê oor sy verhouding met God, en om God direk aan te spreek.  Sy praat oor God lei tot ’n praat met God en andersom.

Iets wat my besonders tref, is dat hy bely dat God ’n aanspraak op Hom het: “Ek behoort aan U” (vers 2).  Hy gebruik die woord ’Adonay wat Heer of Eienaar kan beteken.  Hy sê letterlik: “My Heer is U”. Maar, dié feit, dat hy God se slaaf is, dat God ’n aanspraak op hom het, is vir hom nie ’n verskrikking nie, maar ’n troos.  Daar is regtig niks goeds vir hom behalwe by God nie – die tema van die Psalm.

Daarom kan hy nee sê vir die afgode wat baie ander verlei (vers 3-4), omdat hy in God se teenwoordigheid die dwaasheid en smart besef wat afgodediens mense berokken.  En dit is nie net omdat hy ervaar dat God sorg en vir hom ’n pragtige deel gegee het nie (vers 5-6).  Dit is ook nie net omdat God hom tot die regte insig bring nie (vers 7).  Dit is veral omdat die Here altyd by hom is, en hy daarom nie struikel nie (vers 8). God se teenwoordigheid verlig sy lewe tot in die diepste donkertes , iets wat in Psalm 23 verder geneem sal word.

Daarom is hy nie net bly nie, maar voel hy veilig.  God leer hom hoe om te leef.  Uit sy hand kom net wat mooi is (vers 9-11).

Let mooi op wat Dawid in vers 10 sê: dat al sou hy sterf, hy nie in die mag van die dood sal wees nie. Selfs dán glo hy is God nog in beheer. Dawid het hier vaagweg iets begin raaksien, wat in die NT met Jesus se opstanding helder en duidelik geword het, die opstanding uit die dood.  Petrus noem op Pinksterdag vir Dawid ‘n profeet wat Jesus se opstanding vooruit gesien het (Hand 2:29-36) en Paulus doen dieselfde in sy toespraak in Antiogië in Pisidië (Hand 13:32–37).

Luister na hoe Antjie Krog dié Psalm verwoord:

1.  Heer , bewaar my dig by U ;

by U vrees ek niemand nie .

Ek behoort alleen aan U ;

niks is goed behalwe U .

Soveel afgode is daar ,

soveel wat hul daarby skaar .

Nooit gaan ek met hulle saam ;

op my lippe is u Naam .

 

2.  Alles wat ek hier ontvang ,

spreek van sorg , van u belang .

Pragtig is die deel , ek weet ,

wat U sorgsaam vir my meet .

Elke insig vorm Hy ;

snags vind ek : U praat met my .

Nooit sal ek weer struikel nie .

Altyd , voor my , sien ek U .

 

3.  Hier op aarde juig ek bly ,

want die Here is naby .

Van die graf weerhou U my ;

vir my trou beloon U my .

Leer my , Heer , hoe om te leef ;

leer my in u blydskap leef .

Uit u hand kom lieflikheid .

Juig , juig tot in ewigheid !

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed