Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra

Written by Chris van Wyk on 24/10/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Sommige geleerdes dink dat die omstandighede van hierdie twee Psalms dieselfde is – die tragiese verhaal van Dawid se vlug voor sy geliefde seun Absalom.  Dawid sou dan Psalm 4 die aand na sy vlug uit Jerusalem kon gebid het (vgl 4:9 – “nou sal ek onbesorgd gaan lê”) en Psalm 3 die volgende oggend (vgl 3:6 – “ek word ook weer wakker”).

Sommige dink dat ’n mens in Psalm 4 eerder moet dink aan die ervaring van swak – of misoeste, moontlik weens droogte, na aanleiding van vers 8 wat ’n skerp kontras trek tussen die Psalmis/Dawid en die mense wat koring en wyn in oorvloed het.

Terloops: die woord Sela kom meer as 70 keer voor in ongeveer 40 van die Psalms, waarvan die eerste hier in Psalm 3 en 4 is.  Die betekenis van die woord is onbekend, maar dit wil lyk asof dit ’n pouse in die lees of sing van die Psalm aangedui het, waarskynlik ’n teken vir die koorleiers en musikante.  Ons moet dit dus eintlik nie lees of sing nie, maar ’n oomblik van stilte gee, as ons by die woord Sela kom.

Psalm 3

Ek dink ’n belangrike perspektief vir hierdie Psalm, is dat ’n mens dié Psalm kan bid, selfs al is jy medeverantwoordelik vir die negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur.  Die Here luister na dié wat in Hom glo en sy teenwoordigheid opsoek, ongeag met watter geskiedenis hulle by Hom opdaag!  Jy kan meer oor die hele ongelukkige geskiedenis tussen Dawid en Absalom – wat agter hierdie Psalm lê –  lees in hierdie 2 bydraes van my daaroor:

Let op hoe Dawid vasgryp aan God nie net ten spyte van die verlede nie – sy gebrek aan optrede as ouer nie net teenoor Absalom nie, maar ook teenoor Tamar, wat onder andere Absalom op die verkeerde pad geplaas het – maar ook ten spyte van die opstand van sy ander teëstanders wat sê dat God nie na hom sal luister nie.  Dit verg moed en geloofsvertroue!

Hierdie tipe gebed bring God in beweging, wat nie net vir hom gemoedsrus gee sodat hy kan slaap nie, maar ook uiteindelik sy omstandighede verander, hoewel dit steeds nie ’n maklike pad was vir hom nie.  Jy kan meer hieroor lees in 3 van my ander bydraes daaroor:

Let op hoe sy gebed en die verhoring daarvan uitmond in getuienis wat ook ander mense – dit is nou jy en ek – inspireer om hulp by die Here te soek.

Psalm 4

Weereens moet Dawid sy geloof en vertroue in God alleen stel, al is daar baie teenstand van (naby?)-mense  wat dié geloof en vertroue bespotlik maak en eintlik hulle ongeloof demonstreer dat God enigsins kan optree.  Dawid is oortuig dat die Here steeds wonders doen vir dié wat Hom daarvoor vertrou.

Vers 5 is waarskynlik ’n stukkie lewenswysheid wat Dawid neerpen – midde in sy gebed – wat ons leer dat ’n mens nie self negatief op ongelowige perspektiewe moet reageer nie, en op die Here alleen moet vertrou: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! “

Daarby moet ons die normale dinge wat God van ons vra (bv offers in Dawid se tyd – geestelike offers [ons hele manier van lewe] in ons tyd – 1 Pet 2:5 en Rom 12:1-2) bly doen, terwyl ons Hom vertrou.

Dan kan ons met oorgawe fokus op wat God gaan gee en bring dit rus in ons gemoed – soos Dawid sê – wat ons rustig laat slaap en veilig laat woon. En dink net – as dit waar sou wees dat Dawid dié gebed bid terwyl hy besig is om te vlug van Absalom –  met hoeveel meer oortuiging jy in jou eie krisisse op hierdie vrede-gewende God kan staatmaak.

Dit laat my ook dink aan Fil 4:6-8 wat ons aanmoedig om ons gedagtes te fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, NADAT ons ons begeertes in alles aan die Here in gebed, smeking en danksegging bekend gemaak het.  Dit is dan dat die vrede van God  ons emosies en beplanning in die regte rigting sal begelei!

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed