Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid

Written by Chris van Wyk on 17/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Die Psalm is weereens ‘n akrostiese Psalm met die verse wat opeenvolgend met letters van die Hebreeuse alfabet begin.

Die eerste vers roep die gebeure in 1 Samuel 21 in herinnering. Die naam Abimeleg kom egter nie daar voor nie.  Abimelek kan of ’n skryffout wees vir die priester Agimelek wat vir Dawid die beroemde swaard van Goliat gee, waarna Dawid in Filistynse gebied by Akis hom waansinnig/ kranksinnig gedra het.  Óf, meer waarskynlik, kan dit ‘n Filistynse titel Abimelek – my vader is koning – wees waarmee koning Akis beskryf word (soos farao dit vir Egiptiese konings was).

Presies hoekom die titel egter hier in die Psalm bygevoeg is, en hoe die gebeure in 1 Samuel daarmee verband hou is nie baie duidelik nie.  Dawid en Akis het wel vele kontakte gehad, waartydens Dawid baie fyn moes trap, en baie gevare moes trotseer, waarvan jy verder in 1 Sam 27-29 kan lees.  Dit kan miskien die agtergrond wees waarteen die Psalm se dankbaarheid vir bewaring verstaan moet word.

Dankbaarheid en Wysheid

Twee temas bind die Psalm se onderskeie uitsprake saam: dankbaarheid en wysheid.

Dawid begin om die Here te loof en die geloofsgemeenskap uit te nooi om dieselfde te doen. Hy roem in of spog oor die grootheid van die Here, as aanmoediging vir ander om Hom te dien.

Hy loof God omdat Hy hoor en optree. Hier praat hy spesifiek daarvan dat die Engel van die Here (vers 8) intree en die dienaars van die Here beskerm.  Daar is nie ’n spesifieke verhaal van Dawid wat ’n mens hiermee kan verbind nie, hoewel daar natuurlik baie ander verhale in die OT is wat as agtergrond kan dien.  Dink bv aan Josua 5:13-15 met die oorwinning oor Jerigo, waar die Engel van die Here ‘n rol gespeel het. Ook die verhaal van Elisa in die konflik met die Arameërs, 2 Konings 6, waar Gehasi se oë oopgemaak word om die engeleskaar te sien wat hulle beskerm. Deur die eeue het baie mense al vertel dat hulle beskerm is soos vers 8 getuig.

Die punt is, dié wat by Hom skuil, word nie teleurgestel nie.  En daaroor kan ’n mens net juig, en dankbaar wees.

Dit gee ons die motivering om nog beter te leer hoe om die Here te dien – en met wysheid en oorleg te leef. Só ’n lewe sluit beide woorde en dade in, en kan saamgevat word in:

  • die vermyding van kwaadpraat, leuentaal en kwaaddoen, en
  • die fokus op goeddoen, vredesoek en vrede najaag (vers 13-15).

Weereens lei hierdie gedagtes my na die NT, en veral hoe Paulus oor wysheid en die dien van die Here gedink het. In Filippense 4:2 raai hy Euodia en Sintige (en daarmee die hele gemeente) om eensgesind te wees (letterlik: “saam te dink in die Here”) en in Efesiërs 4:3 moedig hy die gemeente ook aan om vrede na te jaag, omdat dit presies is wat die Gees doen in die geloofsgemeenskap, om hulle een te maak.

Van vers 16 af kontrasteer Dawid dan hierdie twee maniere van leef,

  • die wysheid van die regverdiges wat in God hulle fokus vind, en
  • die dwaasheid van die goddeloses wat in hulleself hulle fokus soek.

En sy ervaring is dat die Here sorg vir die regverdiges, maar nie vir die goddeloses nie. Let op dat die goddeloses se ondergang as die gevolg van hulle eie kwaad beskryf word: “Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang” (vers 22). Dwaasheid boemerang op jou!   Dit is asof God eintlik sy hand van bewaring terugtrek en hulle aan hulle eie planne oorlaat, wat op rampspoed afstuur.

Maar God sorg vir die gebrokenes, en die moedeloses (spiritually crushed!), dié wat na Hom vra en dié wat Hom soek en wat toelaat dat Sy wil hulle lewens bepaal. Let weereens op dat God se teenwoordigheid IN krisisse ervaar word, en dat wysheid beteken om aan die Here vas te klou ten spyte van wat ook al met jou gebeur.

Vers 21 het ‘n besondere toepassing in die Nuwe Testament gekry aan die kruis.  Johannes gebruik waarskynlik hierdie vers in Joh 19:26: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.”

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed