Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging
Die Psalm kan miskien die beste verstaan word teen die agtergrond van een of ander internasionale konflik wat Dawid met sy buurstate gehad het, waarskynlik een van Dawid se bondgenote, wat teen hom gedraai het. Die regstaal veronderstel een of ander vorm van verdrag wat verbreek is. Die situasie het oënskynlik so versleg dat oorlog onvermydelik geraak het, en die hele geloofsgemeenskap ingetrek word in voorbereiding vir die oorlog (soos dit ook die geval was met Psalm 20 en 21).
- Vers 1-10 skets die gebedsvoorbereiding vir oorlog, waarin op die hulp van die Here staat gemaak word. Dawid skets die onredelikheid van sy vyande en vervolgers en vra dat die Here self sal optree om hulle te keer. “Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!” (vers 3). Hy eindig met ’n geloofsbelydenis oor God wat sal optree.
- Vers 11-18 skets die agtergrond vir die oorlog, waarin die onskuld van Dawid, die koning, verklaar word en geworstel word met die onreg van die vyandige optrede. Hy kontrasteer hulle venyn en skoorsoekery met sy eie omgee en gebed vir hulle, en roep om optrede deur die Here: “Hoe lank, Here, sal U dit duld?” “Red my kosbare lewe …” (vers 17) “Dan sal ek U … dank en voor die hele gemeente prys (vers 18).
- Vers 19-28 sluit die Psalm af met ‘n verdere gebed vir verlossing en oorwinning, waarin hy homself beroep op ’n God wat nie blind of doof is nie. En vra hy dat God nie ver van hom af sal bly nie (vers 22). Laat dié wat vir sy saak is, bly wees, en dié wat hom leed wil aandoen, teleurgestel word.
Jesus skets die dilemma van gelowiges wat in die wêreld gehaat sal word in terme wat ontleen is aan hierdie Psalm (35:19 – ook vers 7) in Johannes 15:25. Waar Dawid egter vir verlossing gevra het, en uitwissing van die vyand, kies Jesus om Homself te offer – en dit is wat Hy van ons ook verwag. Die gebede van vervloeking in die Psalms is deur Jesus getransformeer tot ’n gebed en ’n offer om verandering, selfs vir die vyande.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!