Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken

Written by Chris van Wyk on 22/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly

Dwaasheid

Die Psalm begin met ’n waarneming wat van die diepsinnigste is wat ek al in die Psalms teëgekom het: “In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord.”  En dit is nie net omdat die vers so ‘n raak beskrywing van die goddelose gee nie, maar omdat die omgekeerde daarvan net so waar is: “In die hart van die gelowige het die oorgawe aan God die laaste woord.”

Dit is wat dwaasheid is – opstand teen God.  Dit is wat wysheid is – oorgawe aan God.  ‘n Mens kan allerlei argumente oor God se bestaan en sy betrokkenheid in hierdie lewe aanvoer, daarteen en daarvoor.  Maar uiteindelik kom dit neer op wat die laaste woord in jou lewe speel – die opstand teen God en die idees oor en van Hom; en die oorgawe en geloof in die bestaan en ingrype van God.  Dit beskryf ‘n lewe in ongeloof, en ‘n lewe in geloof.  (Onthou Psalm 14!)

‘n Mens kan verskil met die Psalm se absolute beskrywing van die goddelose – “praat net goed oor homself”, “altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat” (vers 2-3).  Maar nie met die punt wat hy maak nie – dat die laaste woord in hule lewens die opstand teen God is nie.

Wysheid

Let op hoe Dawid se beskrywing van die gelowige nie in die eerste plek fokus op wat hy of sy vir God doen, of hoe hulle lewe anders is as die goddeloses nie.  Hy fokus op wie God is – “u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek tot in die dieptes van die see.” Van so hoog af as wat Dawid kan dink, tot so laag as wat dit kan gaan, so omvattend is God se liefde, trou, reg en geregtigheid.

‘n Mens kan nie anders as om hier aan Paulus te dink wat vir die Efesiërs bid dat hulle “saam met al die gelowiges kan begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek” en dat hulle “die liefde sal ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan”, en dat hulle “heeltemal vervul sal word met die volheid van God (Ef 3:14-21).”

Waar ‘n goddelose – dit beteken maar net om God-loos te lewe – se lewe draai om homself en sy beperkte area van belange, draai die lewe van ‘n gelowige – dit beteken ook maar net om God-gesentreerd te lewe: “die laaste woord”! – om God self en God se omvattende belange.

En dit is hierdie God wat sorg vir mens en dier – selfs vir die goddeloses (vers 7)!

En Dawid kan nie uitgepraat raak nie oor God se trou, sy beskerming, die oorvloed wat Hy gee, die strome van goedheid wat Hy sy mense laat drink (vers 8-9).  Hy is die bron van lewe.  Deur sy lig lewe ons (vers 10).

Wat hom in gebed laat vertoef by die versugting dat hierdie belydenis oor God in die werklikheid van gelowiges se lewe tot sy reg sal kom, en dat hulle nie onder die aanslag van die eiegeregtige mense platgeslaan sal word nie.  Dié lot moet eerder die goddeloses self tref.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed