Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie
1. VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom (vers 13)!
2. VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5). Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).
3. KOM TOT RUS – Bring jou hart tot rus voor die Here. Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses. Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers7), nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8), omdat dit uiteindelik net ellende bring.
4. GOD IS BESIG MET JOU – Die belydenis van die Psalmis is daarby dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun (vers 23). Dit is die Psalmis, Dawid, se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges.
Gebruik vandag net hierdie een vers en lees dit op die Lectio Divina manier:
- Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio).
- Lees die teks biddend – “Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.” (Lectio).
- Oordink die betekenis van die Psalm – wat tref jou en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio).
- Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het (Oratio).
- Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio).
- Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio).
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!