Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe

Written by Chris van Wyk on 18/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Hierdie Psalm is weer ’n akrostiese Psalm, soos Psalm 34 (kyk in die Ou Afrikaanse vertaling vir die Hebreeuse alfabet letters aan die begin van elke vers).  Dit beteken dat elke opeenvolgende vers met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ook interessant dat vers 27-40 eintlik ’n uitbreiding van die gedagtes in vers 1-26 is, eintlik ’n herhaling, om die wysheid van die Psalm inhoud te beklemtoon.

Twee maniere van leef word in hierdie wysheidsPsalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen – soos ons reeds in Psalm 1 gesien het.  Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe.  Dwaasheid is om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe.

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie.  Hulle lei onder skelms en skurke (vers 1, 7, 9), het te kampe met onregverdige beskuldigings (vers 6, 33), en ly onder verdrukking (vers 11).  Goddeloses soek die regverdiges se ondergang en bedreig hulle lewe (vers 12, 32).  Hulle wil die hulpelose en armes dood maak, dié wat die regte pad loop vermoor (vers 14).  En die regverdiges ly gebrek (vers 19), en het nie baie om van te lewe nie (vers 16).

Daarom is dit een van die groot versoekings vir gelowiges – wat onder druk verkeer, en dan sien dat dit lyk asof dit goed gaan met die goddeloses, veral as hulle na hulle eie lewe kyk en moet rekening hou met die lyding wat soms gepaard gaan met getrouheid aan die Here – om self in opstand te kom en die reg in eie hand te neem (vgl Ps 73 wat diepsinnig voortborduur oor die donker versoeking hiervan).

Dit is in dié situasie wat die Psalm die wyse weg aandui.

En daar is vier hoofsake wat hy uitlig.

En die eerste boodskap is: VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom (vers 13)!  Volhard dus om die Here te dien en moenie van Sy pad afdwaal nie.

Die tweede boodskap is: VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5).  Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).

Eksterne faktore moet nie lei tot ’n versaking van die pad van die Here nie.  Eerder ’n meer nougesette fokus op die handhawing nie net van die innerlike verbintenis aan die Here nie, maar ook die lewenstyl wat Hy van ons vra.

En die derde boodskap is: KOM TOT RUS – Bring jou hart tot rus voor die Here.  Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses.  Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers7), nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8), omdat dit uiteindelik net ellende bring.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend, en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

Die vierde boodskap is: GOD IS BESIG MET JOU – Die belydenis van die Psalmis is daarby dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun (vers 23).  Dit is die Psalmis, Dawid, se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges.

’n Hoogtepunt vir my in die Psalm is een van die redes wat Dawid uitspel, waarom die Here dit kan regkry om die regverdiges se pad te bepaal.  En dit is dat die openbaring van sy God in sy hart is – dit is waarom sy koers nie onseker is nie (vers 31).  Die Hebreeus lui eintlik dat die “wet van sy God in sy hart is”, dws dat dit die geskrewe Woord van God is wat ’n woonplek in sy hart gekry het, sodat dit uiteindelik sy hele lewe bepaal.  Ons kan nie genoeg beklemtoon die sentrale rol wat die Woord speel in die geestelike weerbaarheid en koersvastheid van gelowiges nie.  Die rol van die Bybel kan nie oorskat word nie!

Daarom kan God vertrou word, selfs al is daar teëstand van die goddeloses (vers 34).  Hy gee eerbares ’n toekoms (vers 37), deur onder andere die toekoms van die goddeloses af te sny (vers 38).

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed