Psalm 40 – U woord is my hele lewe
Dit is waarom hy drie goed doen, waarmee ’n mens ook die boodskap van die Psalm kan opsom:
- ONTHOU – Vers 2-6: Hy dink terug aan sy vorige ervarings van redding en getuig daarvan in die geloofsgemeenskap – let op hoe pragtig hy die beeld van sy ervaring om uit die modder getrek te word (beeld van die dood) en op ’n vaste rots geplaas te word, in span om die geloofsgemeenskap aan te moedig om God altyd te vertrou.
- TOEWY – vers 7-11: Hy dink aan wat Hy van God weet – dat Hy gehoorsaamheid wil hê (iets wat Dawid reeds uit die interaksie van Samuel en Saul geleer het – 1 Sam 15:22), en dat Hy wil hê dat van sy goedheid en trou getuienis afgelê sal word – en wy homself opnuut daaraan toe en herinner die Here aan sy “track record”. Vers 9 is ’n kosbare verwoording van die geloofslewe: “Om u wil te doen, o God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe”, iets wat in Jesus se lewe die hoofrol gespeel het (Joh 4:34). En Jesus word natuurlik self die offer soos Hebreërs 10:5-10 dit uitspel met verwysing na hierdie Psalm.
- SMEEK – vers 12-18: Hy spel sy vasgevalde situasie uit voor die Here, en beroep hom op God se ontferming, liefde, trou, grootheid, hulp en redding.
Dit is daarom ’n Psalm wat ’n mens as die struktuur van jou eie worsteling met jou unieke situasie kan gebruik. Om God se reddingsdade in die verlede in herinnering te roep, om jouself opnuut aan God toe te wy in gehoorsaamheid en getuienis, en jou behoefte in elke detail aan Hom bekend te maak en jou verwagting te stel in sy ontfermende karakter.
Die verbintenis met Jesus se volkome offer in die NT maak Psalm 40 by uitstek geskik om saam met Hebreërs 10:5-10 op Goeie Vrydag te gebruik.
Terloops: vers 14-18 van Psalm 40 kom ook in effens gewysigde vorm as ‘n aparte Psalm voor, Psalm 70, waarskynlik aangepas om as ‘n kort skietgebed in ‘n krisis gebruik te word.
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!