Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed

Written by Chris van Wyk on 29/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly

Vers 1-4

Die Psalm begin met ’n saligspreking: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke (of arme)”, waarmee Dawid implisiet daarop staatmaak dat dit van hom geld, hoewel hy dit nie in soveel woorde sê nie.  Dit was immers een van die hoofopdragte aan die koning om vir die armes en swakkes om te gee, en Dawid aanvaar dat dit bekend was van hom.

Só ’n persoon – iemand wat omgee vir ander in hulle nood – kan met reg na God gaan in sy eie tyd van nood, en om hulp smeek.  Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed.

Dawid spel vier dinge uit waarvoor hy dus met vrymoedigheid bid, wat nie net  is:

  1. dat die Here só ’n mens sal red op die dag van nood nie (vers 2), maar ook dat God só ’n persoon
  2. publieke erkenning sal laat geniet,
  3. beskerming van vyande sal gee (vers 3), sowel as
  4. persoonlike genesing in siekte (vers 4).

En dit is veral met die laaste twee aspekte – die persoonlike en publieke impak van ’n omgee-lewe – waarmee die Psalmis verder in sy gebed worstel en om God se genade vra.  Let op dat hierdie vrymoedigheid steeds afhanklik bly van God se genade, soos die res van sy gebed wys.

Vers 5-10

Let op hoe Dawid in hierdie deel van sy gebed belydenis van sy sonde doen, terwyl hy om genesing van sy siekte vra.  Hoewel hy nie uitbrei oor sy sonde nie, bely hy dat dit – soos alle sonde – iets is wat sy verhouding met God in gedrang bring.  Hy wil nie net genesing hê nie, maar veral dié verhouding herstel hê, terwyl hy ook vra vir verlossing van die venyn van sy vyande, selfs van ’n boesemvriend wat hom in die rug gesteek het.

Vers 11-14

In hierdie deel van sy gebed maak Dawid weer staat op sy onskuld, spesifiek in verhouding met sy vyande.  En vra dat die Here hom in staat sal stel om wraak te neem teen sy vyande.  Dawid bly getrou aan sy perspektief, dat hierdie vyande nie maar net vir hom wil bykom nie, maar in wese vyande van die Here is.  Daarom wil hy teen hulle optree, iets wat natuurlik, soos ons al vroeër gesê het, met Jesus se radikale vyandsliefde verander is.

Jesus haal vers 10 aan in sy voetewas gesprek met sy dissipels met verwysing na Judas (Joh 13:18).  Waar Dawid dus vir verlossing van hierdie boesemvriend gevra het, het Jesus juis die pyn van verguising en die kruis aanvaar, sodat hy selfs vir die vyandskap van vriende verlossing kan bring.  Iets om – aan die einde van hierdie studie oor die Psalms – oor na te dink!

Die Psalm eindig met ’n doksologie: “Amen, ja, amen” waarmee nie net die Psalm nie, maar ook die eerste Psalmboek (1-41) afgesluit word.

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed