Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil

Written by Chris van Wyk on 25/10/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Twee groepe mense word beskryf in dié Psalm: dié wat op God vertrou (regverdiges) en dié wat goddeloos is.

Let op dat die goddeloses hier met ’n verskeidenheid terme in vers 6-7 beskryf word: hooghartiges, onreg-doeners, leuenaars, moordenaars en bedrieërs.  Dawid ervaar hulle nog verder in vers 10 as mense wat onwaarhede verkondig, en in die proses sy ondergang beplan deur hom te vlei, maar in werklikheid sy dood te beplan.  Dit is nie net wat hulle doen nie, maar ook wat hulle sê (sins of speech – soos Craigie dit noem).  In wese, sê Dawid, is dié manier van lewe ’n opstand teen God (vers 11), soos inderdaad alle sondes in hulle wese is.

Daarenteen word dié wat op God vertrou, eers in die laaste vers as regverdiges beskryf, anders as wat ’n mens sou verwag.  Let op hoe Dawid staat maak op God as Koning wat na hom sal luister as hy sug, roep en bid (vers 2-3) en op God wag (vers 4).  Dit is deur God se groot liefde wat hy in staat is om in God se huis in te gaan en voor Hom te buig en aan Hom respek en eerbied te betoon.  Terloops: dit kon tydens die tyd van die môre-offer gebeur het (vers 4 – Eks 29) of as deel van sy “stiltetyd”.

Dawid maak dus staat op die regverdigheid wat God gee aan dié wat Hom soek en op Hom wag.  Let op hoe hy by God pleit om hom te leer wat reg is, en te help om sy wil te doen, WANT hy het baie vyande wat hom juis van dié pad af kan weghou (vers 9)!  Let op dat sy vrees nie net is dat hy die verkeerde sal doen nie, maar dat hy soos sy vyande sal word.

Daar is dus geen valse vertroue op sy eie waarde of vermoë voor God nie, slegs ’n reslose vertroue op wat God in sy lewe kan doen, om hom te bewaar van die lewenstyl van sy vyande, en die gebed dat God vir almal wat by Hom skuil vreugde en beskerming sal bied.

Dat hy dus in vers 13 oor die regverdiges se  voorspoed en beskerming skryf, is ’n gevolg van God se teenwoordigheid in hulle lewe, nie oor die een of ander intrinsieke waarde wat hulle in leer en lewe het nie.

Ek mediteer vandag oor: “Laat almal wat by U skuil, bly wees.” –vers 12

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed