Skip to main content

Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke

Die Psalms het oor ’n baie lang tydperk – waarskynlik meer as 8 eeue – tot stand gekom.  Die eerste Psalms kom uit die tyd van die konings, veral Dawid (73 Psalms word aan hom toegeskryf) – 1040-970 vC.  Daar is ook ’n Psalm van Moses, Psalm 90, wat, as sy outeurskap aanvaar word, die vroegste Psalm is (ongeveer 14 de eeu vC).  Daar is ook Psalms wat na die ballingskap van 597/6-520 vC gedateer word (bv Psalms 85 en 126), waarvan sommige moontlik selfs so laat as die Makkabeër tyd van 167-63 vC gedateer kan word (bv Psalms 44, 74, 79), hoewel die argumente daarvoor nie baie oortuigend is nie, en dit meer waarskynlik is dat die Psalmboek in sy huidige formaat reeds vroeër gefinaliseer is (Nahum Sarna).

Interessant genoeg is die individuele Psalms nie lukraak opgeneem in die Psalmboek nie.  Die Psalms is versamel en in 5 boeke of bundels ingedeel: 1-41; 42-72; 73-89; 90-106; 107-150.

Hierdie indeling word afgelei uit die ooreenstemmende doksologie (uit Grieks: doksa = eer, en legein = spreek – dws om God se eer te betuig) wat verspreid deur die Psalms voorkom, en wat duidelik nie deel van die Psalms self is nie (Psalm 150 sluit die hele Psalmboek af met ’n doksologie):

  • 41:14 – ”Aan die Here, die God van Israel, kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Amen, ja, amen.”
  •  72:18-19 – “Geloof sy God die Here, die God van Israel. Dit is net Hy wat magtige dade doen! Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Amen, ja, amen.” Waarby ook nog in vers 20 bygevoeg word: “Hier eindig die gebede van Dawid, seun van Isai.”
  • 89:53 – “Aan die Here kom die lof toe vir altyd. Amen, ja, amen.”
  • 106:48 – “Aan die Here die God van Israel kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Die hele volk moet sê: ‘Amen! Prys die Here!’”
  • 150 – “Prys die Here” op baie verskillende maniere uitgedruk.

’n Mens kan binne die bestaande indeling van die Psalms in 5 boeke of bundels steeds die vorige versamelings raaksien.  Daar is drie versamelings van Dawidiese Psalms (3-41; 51-70; 138-145), twee versamelings van Asaf/Koragiete (42-50; 73-88) en vier versamelings wat rondom temas opgebou is (God se koningskap: 93-100; Lofpsalms: 103-107; Pelgrimsliedere: 120-134; HallelujaPsalms: 111-113 en 146-150).

Terloops, sommige dink dat die redaktors met die indeling van die Psalms in 5 boeke dit met die eerste 5 boeke van die Bybel, die Pentateug, wou verbind:

  • Die temas van skepping, sonde en verlossing in Psalms 1-41 sou dan met Genesis verband hou,
  • die skerp fokus op verlossing in Psalms 42-72 sou met Eksodus verband hou,
  • die klem op die heiligdom in Psalms 73-89 sou met Levitikus verband hou,
  • die verwysing na Moses en die woestyntyd in Psalms 90-106 sou met Numeri verband hou en laastens sou
  • die klem op die Woord van God in Psalms 107-150 met Deuteronomium verband hou.

Maar, die skema maak nie regtig baie sin nie, omdat die temas ook in die ander dele van die Psalmboek voorkom, en bly slegs ’n interessante poging om die indeling te verklaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda