WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede
Ons lees hierdie week die eerste 8 Psalms, wat meesal aan Dawid toegeskryf is, behalwe Psalm 1 en 2.
- Psalm 1 is ’n wysheidsPsalm, lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in God self gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde. Ons persoonlike verhoudinge met God het vreugde en voorspoed tot gevolg.
- Psalm 2 is ’n koningsPsalm wat waarskynlik by die troonbestyging van die koning gesing is. Dit bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit. Dit bevestig ook dat ons God kan vertrou vir die publieke en politieke lewe.
- Psalm 3-7 is ’n eerste siklus van vyf klaagpsalms waarin die getroue God om hulp gesmeek word van vyande (Psalm 3,5,7), droogte (Psalm 4) en siekte (Psalm 6).
- Psalm 8 is ’n lofpsalm vir die majestueuse Skepper vol van ontsag vir die feit dat Hy besorg is oor en omgee vir mense, wat hulle waardigheid bevestig ten spyte van hulle nietigheid. Daarmee word die eerste siklus klaagpsalms afgesluit.
Lectio Divina
Tags: Psalms
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!