WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede

Written by Chris van Wyk on 27/10/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Psalm 9-13 is ’n tweede siklus van vier of vyf klaagliedere (Psalm 9-10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm) waarin verlossing vir alle mense wat nood het, gevra word:
  • behoeftiges (of armes – in Engels: afflicted – dws mense wat hulleself nie kan help nie) – die Hebreeuse woord is ‘ânâw en kan ook nederiges of pretensieloses beteken en word gebruik in Ps 9:13,19; 10:9,12,17; 12:6; 14:6 [in Ps 9:13 word dieselfde woord met onskuldiges vertaal; In Ps 10:9,12,17; 14:6 word dieselfde woord met hulpeloses vertaal; ditto die vertaling swakkes in Ps 12:6)
  • ongelukkiges – Ps 10:14;
  • weeskinders – Ps 10:14,18;
  • mense in nood (of verdruktes)– Ps 10:18;

Dit doen die Psalmis: “sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie” (Ps 9:9; 10:18), want “vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood” (Ps 9:10).

Maar hy fokus ook op die “regverdige” behoeftiges wat op ‘n besondere manier hierdie belofte van God vir hulle kan toeëien, dit is die: opregtes van hart – Ps 11:2; regverdiges – Ps 11:3,7; 14:5; opregtes – Ps 11:7; onskuldiges – Ps 10:8.

Die verlossing is uit verskillende situasies: van vyandige nasies (Psalm 9), van goddelose rykes (Psalm 10), van magtige maar gemene mense (Psalm 12) en van verdrukkers (Psalm 13).  Tussen-in is ’n Psalm geplaas wat geloof in ’n regverdige God bely (Psalm 11), al lyk dit nie altyd so nie, en al daag die goddeloses die regverdiges daaroor uit (Psalm 14).

Psalm 14 (vergelyk Psalm 53) sluit hierdie tweede siklus klaagliedere af – wat sowel persoonlike betekenis het vir individue asook vir die groter publieke gemeenskap van behoeftiges – met ’n fokus op die dwaasheid van mense wat sonder God probeer lewe, want God is by die regverdiges (14:5) en sal hulle beskerm teen dwase!

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed