WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe

Written by Chris van Wyk on 03/11/2011. Posted in Psalms

Print Friendly
Psalm 15-24 fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word.  Met dié Psalms word ons uitgenooi om God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in ons hele bestaan het te leef.

Uiteraard kan elkeen van die Psalms op hulle eie gelees word, soos dit aanvanklik ook geskryf is.  Daar is egter ook ’n besondere chiastiese (konsentriese) patroon merkbaar in die wyse waarop die Psalms in die Psalmboek gerangskik is.  Dit help ‘n mens om Psalm 19 as die sentrum of spilpunt van hierdie reeks Psalms te sien, en die absolute sentrale rol wat dit speel raak te sien, om teologies oor die Godsopenbaring na te dink.

Let op die volgende:

  • Psalm 15 en 24 beantwoord dieselfde sentrale vraag: Wie mag in die tempel kom?
  • Psalm 16 en 23 beklemtoon die  vertroue op die beskerming van Jahwe.
  • Psalm 17 en 22 bid om verlossing vanuit hierdie vertroue.
  • Psalm 18 en 20-21 fokus die gebed spesifiek op die verlossing van die koning en gesalfde.
  • Psalm 19 is die sentrale Psalm in hierdie groep, die spilpunt, wat beide op God se teenwoordigheid in sy Skeppingswerk fokus (Ps 8 ) as op die sentrale rol wat Sy woorde speel om sy teenwoordigheid te ervaar (Ps 1, 14).  Hierdie woorde is natuurlik in die tempel gehuisves (die kliptafels in die Ark van die verbond), en as die basis van die Godsopenbaring aan die volk verkondig.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed