WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning
Psalm 25-33 fokus op gebed, lof en geloofsvertroue in die Skepperkoning. ’n Mens kan ook hier ’n chiastiese patroon raaksien.
- Psalm 25 en 33 besing God se genade in Sy verbond en die genade van Sy heerskappy.
- Psalm 26 en 32 besing die geluk van een wat blaamloos lewe, sowel as een wat vergifnis ontvang het.
- Psalm 27 en 31 bid om verlossing van valse beskuldigings en eindig telkens met die oproep tot vertroue in God en sterkwees en moedhou.
- Psalm 28 en 30 hou verband deurdat die eerste die gebed is van een wat gevaar loop om onder te gaan (in die kuil/put – vers 1), en aan die ander kant die gebed van een wat verlos is van ondergang (uit die kuil/put – vers 4)!
- Die sentrale Psalm, Psalm 29, besing dan die Skepperkoning se stem soos dit in die natuur met ’n donderstorm gehoor kan word en krag gee aan sy volk en hulle seën met oorvloed (vgl Psalm 19).
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!