WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges
Psalm 34-37 staan bekend as wysheidPsalms omdat dit veral onderrig gee in die wyse waarop ‘n mens wys kan lewe. Ook hierdie Psalms vertoon ’n chiastiese patroon. Psalm 34 en 37 is weereens akrostiese Psalms (elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet) wat die wysheid om in God se teenwoordigheid te lewe besing en aan die gemeenskap van gelowiges onderrig gee daarin. Psalm 35 en 36 is gebede om verlossing van mense wat goddeloos lewe, dws dwaas en onwys kies om nie in God se teenwoordigheid te lewe nie en in wie se lewe die opstand teen God die laaste woord het (Ps 36:2 – onthou Ps 1,2)!
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!