Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig

Written by Chris van Wyk on 05/11/2010. Posted in Romeine

Print Friendly

Verandering kom deur die werk van die Gees.  Dit het ons geleer in hoofstuk 7 en 8. ’n Wet kan jou nie verander nie, net ’n verhouding met God waarin die Gees ons lei om nee te sê vir die sonde en ja te sê vir God.

En die belangrikste plek waar ons moet verander, is in ons denke. Let op, dit is nie net in ons hart (geloof) en ons mond (getuienis) nie, soos hoofstuk 10 op die tafel gesit het, waar die verandering kom nie.  Ons het ook ’n kopskuif (nuwe denke) nodig waar ons waak daarteen dat die wêreld se druk op konformering ons lewens só in beslag neem, en so in sy vorm druk, dat ons nie meer ’n lewende offer is en vir God lewe nie.

Let op hoe Paulus die nuwe lewe hier in 12:1-8 uitspel.

  • Ons moet anders dink oor die sondige wêreld en nie konformeer aan die manier van leef wat die media en vermaaklikheidswêreld aan ons opdis nie (12:2).
  • Ons moet anders dink oor onsself en nie meer dink van onsself as wat ons behoort nie (12:3).  Ons moet ’n kopskuif na beskeidenheid maak.
  • Ons moet ook anders dink oor die gemeenskap van gelowiges (12:4):

o   Ons is een al het ons verskillende funksies (12:5).  Ons verskillende gawes kom immers van dieselfde God af (12:6).

o   Ons moet die gawes met vernuwende denke aanwend:

§  Profesie moet in lyn wees met ons geloofsbelydenis (12:6).

§  Ons gawes moet sonder bybedoelings wees (12:8).

§  Ons leierskap moet met toewyding wees (12:8).

§  Ons hulp aan ander moet met blymoedigheid wees (12:8).

En dan spel Paulus ’n lang lys van kenmerke van só ’n nuwe lewe/denkwyse uit.  Dit is só ’n omvattende lysie dat dit die moeite werd is om dit uit te druk en op jou motor se stuurwiel te plak sodat jy dit kan lees voor jy ry, en as jy by die robot stilhou (hou net die robot ook dop!) en as jy by jou bestemming aankom (Deut 6:6-9 vir vandag!).

En let op hoe dit van hoek tot kant met verhoudings te make het, hier in die eerste plek met medegelowiges (12:10,13,15,16), maar selfs ook met vervolgers (12:14) en vyande (12:19-21), kortom alle mense (12:17,18).  Vers 11-12 bring ook die verhouding met God in spel waarin toewyding en gebed ’n belangrike rol speel.  En die laaste paar verse 12:19-21 verbind dit aan ’n vertroue op God wat regverdig sal oordeel (Deut 32:35) en transformerend sal optree in ons verhouding met vyande (Spreuke 25:21-22).

Veral hierdie laaste paar kopskuiwe maak my gerus – God is regverdig EN kan die kwaad deur die goeie oorwin.


related post

Tags:

Trackback from your site.

Comments (1)

  • Christine
    05/11/2010 at 13:47 |

    Hi, kopskuiwe in ons verhouding met die Here is ook nodig. Vir lank in my omgang met die Here het die klem geval op wat Hy vir my kan doen en gee en wat ek moet doen – veral in die Danie se langdurige siekte. En die Here het wonderlik gesorg en gegee. Geleidelik het ek in my gebedslewe en Bybellees almeer begin fokus op wie en hoe God is. My behoefte om te vra en te verwag het begin afskaal in die al groter wordende besef van Sy grootheid, almag, liefde en genade. Die “doen” het ook begin plek maak vir “wees”. om, soos Paulus sê, ‘n lewende en heilige offer te wees.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed