Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte

Written by Chris van Wyk on 22/10/2010. Posted in Romeine

Print Friendly

Let op hoe Paulus in verskeie verbeeldingsgesprekke (diatribes) met ’n Joodse gespreksgenoot gaan (2:1-5; 2:17-24; 2:25-29) om aan die een kant God se werk in alle mense uit te spel en aan die ander kant die gebrekkige rol wat die wet en die besnydenis in die lewe van die Jode speel aan die Romeinse gemeente te verduidelik.

Hy wil in 2:1-11 aantoon dat niemand homself kan verontskuldig voor God nie, want almal is sondig.  Die feit dat die Jode die wet besit en die besnydenis aanhang gee hulle geen voorrang of voordeel bo die heidene nie (vgl hfst. 3 waar hy hierop gaan uitbrei).

Let op dat God op 2 maniere geteken word: 1) as ryk in goedheid, verdraagsaam en geduldig wat deur sy goedheid mense tot bekering wil lei (2:4); 2) as een wat regverdig oordeel en elkeen vergeld volgens sy dade (2:6).  Dit sluit sy toornige straf in.  Maar Hy trek niemand voor nie.  Hy hanteer Jood en nie-Jood op dieselfde manier.

Albei is kante van God wat ons moet raaksien en erken.  Ons kan nie net aan die een vashou nie.  God gee en Hy neem.

In drie perikope in 2:12-29 waarsku hy die Joodse gesprekgenoot dat:

1.      die besit van die wet hulle niks in die sak sal bring, as hulle nie ook doen wat die wet sê nie.  Die besit van die wet stel jou immers nie vry van straf nie, eerder die doen van dit wat die wet sê (2:12-16).

2.      Die kennis van die wet hulle ook niks in die sak sal bring nie, al leer hulle selfs ander daarvan, want as hulle self nie doen wat die wet sê nie, sal hulle verag word deur heidene en tot ’n belastering van God aanleiding gee (2:17-24).

3.      die besnydenis daarom net waarde het as die hele wet van Moses onderhou word (2:25-29).

Die slotsom van die hoofstuk is dat dié een wat doen wat God vra, sal gereken word asof hy besnede is, al is hy nie letterlik besny nie.  Maar dit gaan nie oor ’n werkheiligheid nie.  Dit gaan oor dade wat vanuit ’n innerlike gesteldheid van die hart gedoen word, ’n ingesteldheid wat deur die Gees bewerk word.  Dit gaan verseker nie oor die besit, kennis of handhawing van een deel van die wet, die besnydenis, nie (2:29).


related post

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed