Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo

Written by Chris van Wyk on 25/10/2010. Posted in Romeine

Print Friendly

Uit sy waarskuwing aan sy Joodse gesprekgenoot in hoofstuk 2 – dat die besit of kennis van die wet, en die besnydenis op sigself vir jou niks in die sak bring nie – is dit natuurlik om te vra of daar dan enige nut sou wees daarin om ’n Jood en besnede te wees.

3:1-8: Paulus begin dus om in ’n volgende verbeeldingsgeprek (diatribe) in 3:1-8 te wys op die voordele van die wet en die besnydenis – God se woorde is aan die Jode toevertrou.  Dit is ’n groot voorreg en beteken dat Hy Homself aan hulle verbind het om aan hulle genade te bewys.  En Hy sal nie daaraan ontrou word nie, selfs al sou sommige aan Hom ontrou word (in hfst. 9 sal hy verder hieraan aandag gee).  Let op hoe hy aanhaal in vers 4 uit Dawid se belydenis oor God in Psalm 51:6 na sy sonde met Batseba om sy betroubaarheid teenoor die leuenagtigheid van mense te bevestig.

3:9-20: Maar hy is net so duidelik daaroor dat daaruit nie afgelei moet word dat Jode daarom beter is as ander nie in 3:9-20.  Almal het immers gesondig en kan nie deur wetsonderhouding die vryspraak van God kry nie.  Die mag van die sonde is vir ons te sterk.  Let op dat Paulus die woord sonde in die enkelvoud gebruik – dit gaan nie net oor individuele lysies van sondes nie, maar oor die feit van die sonde, ons “sonde-siekte” soos die Bybel Verklaar dit noem.

Let ook op die kunstige samestelling van aanhalings uit veral die Psalms (vers 10 – Pred 7:20; vers 11 – Ps 14:2; 53:3; vers 12a – Ps 14:3; 53:4; vers 12b – Ps 14:1,3; 53:2,4; vers 13a – Ps 5:10; vers 13b – Ps 140:4; vers 14 – Ps 10:7; vers 16 – Jes 59:7; vers 17a – Jes 59:8; vers 18 – Ps 36:2; vers 20 – Ps 143:2) om die totale verderflikheid van een en almal te onderstreep.

3:21-31: “Maar nou …”, begin Paulus in vers 21 – en dit is die blye evangelie – alles is nie daarom verlore nie.  Net soos almal gesondig het en lei aan die “sonde-siekte”, kan almal die vryspraak van God verkry deur in Jesus Christus te glo.

In taal wat herinner aan ’n nagmaalsformulier spel hy in vers 25-26 die hoof elemente van die evangelie uit: God gee versoening en vryspraak deur die offer van Jesus Christus vir elkeen wat glo.

Die wet en die profete het daarvan getuig, maar die wet kon die vryspraak nie vir mense gee nie.  Net die geloof in Jesus Christus het daardie mag.

En die wonderlike nuus is: “God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo” (3:22).  Hy is immers die God van die Jode sowel as die God van die heidennasies (3:29).


related post

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed