Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie
Paulus werk nou met twee waarhede in hierdie hoofstuk wat voortspruit uit die feit dat ons vrygespreek is en daar nou vrede is tussen ons en God en ons vrye toegang tot Hom het:
1. Ons is dood vir die sonde en die mag daarvan.
2. Ons is lewend vir God.
God en die sonde word as’t ware as twee magte of kragvelde geteken wat teenoor mekaar staan. Ons is uit die kragveld van die sonde geneem en geplaas in die kragveld van God. En dit is waar ons moet lewe, in die kragveld van God.
Dit is waarhede wat ons daagliks vir onsself moet toereken: “Julle moet dus altyd onthou dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus” (6:11).
Die beginpunt of oorsaak daarvan is ook tweërlei:
1. Ons het deur die doop deel gekry aan Christus se kruisdood.
2. Ons het deur die opstanding deel gekry aan die lewe vir God.
Dit is ons eenheid met Christus wat ons ’n aandeel gee aan die sondedood (of die genesing van ons “sonde-siekte”) en die opstandingslewe. En dit is ook net in ’n verhouding met Jesus Christus wat dit vir ons waar is en bly.
Dit het twee implikasies vir ons daaglikse lewe:
1. Ons kan nie meer in die sonde voortlewe nie.
2. Ons is nou in diens van wat God wil.
Daarom moet ons elke deel van ons liggame – en let spesifiek op dat hy hier nie net van ons siel of gees praat nie – in diens van God stel om heilig te lewe; dws om nie sedelik onrein te lewe nie, nie sonder enige riglyne te lewe nie (wetteloos), en nie losbandig te lewe nie (6:19 – let op hoe hy terugverwys na hoofstuk 1). Dit mond uit in die ewige lewe.
related post
Tags: Romeine
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!