Rut 2 – God bewys sy trou aan lewendes en dooies

Written by Chris van Wyk on 15/11/2010. Posted in Rut

Print Friendly

‘n Baie vernuftige skrywer is hier aan die werk wat hierdie toneel op ‘n besondere wyse aan mekaar sit.

Let op hoe die ontmoeting met Boas geantisipeer word in vers 1 – in Bethelehem was daar ‘n vermoënde familielid van Naomi aan haar oorlede man Elimelek se kant, Boas.  Hy kon dus as losser optree (vers 20).  Geen wonder dat Rut uiteindelik juis vir hom raakloop op die land terwyl sy are optel.

Terloops, die naaste manlike bloedverwant kon as losser (gô’ıl) optree in die geval van ‘n familielid wat sy grond verloor het (of as slaaf verkoop is).  Om die waarheid te sê, die wet het dit as sy plig uitgespel om die grond van ‘n familielid te koop, as dit in vreemde hande gekom het deur watter rede ook al (Lev 25:23–28, 47–55).  Daar was egter ‘n prosedure waarmee hy dit kon vermy (soos ons in hoofstuk 4 sal sien met die nader familielid).

Na hierdie inleiding verloop die gesprekke as volg (met ‘n stukkie kommentaar in vers 17-18) waarmee die ontmoeting tussen Boas en Rut uitgelig en beklemtoon word:

  • Rut en Naomi in gesprek (vers 2-3)
    • Boas en die snyers in gesprek (vers 4-7)
      • Boas en Rut in gesprek (vers 8-15a)
  • Boas en die snyers in gesprek (vers 15b-16)
  • Naomi en Rut in gesprek (vers 19-22)

Boas word as ‘n Godvresende man geteken word, wat sy snyers met respek en erkenning aan God hanteer, nie net as iemand wat vermoënd was nie.  Hy is ook gehoorsaam aan die wet.  Dit was juis een van die wet se riglyne, dat boere met die oes nie alles moet afhaal van die lande nie, sodat daar vir die armes iets sou oorbly om van te leef (Lev 19:19; Deut 24:19), soos Boas inderdaad doen.  Daarby het hy nie net ‘n oog vir die (mooi?)  vrou nie (“Wie is daardie meisie?” – sy naam beteken immers “vinnig”!), maar trek haar in sy beskerming in met opdragte aan sy werkers en die ekstra voorsiening van water, brood, wynsous en gebraaide koring en sorg dat hy in gesprek bly met haar.

Hy is ook ingelig oor Rut se keuse vir haar skoonma en vir God en prys haar daarvoor dat sy onder die vleuels van die Here God van Israel kom skuil het (vgl Psalm 91 – volgens die Talmoed ‘n Psalm van Dawid – wat met dieselfde beeld werk).

Naomi blyk ‘n fyn kenner van mense te wees, en reageer baie positief oor wat sy by Rut hoor oor die losser-familie lid van haar en moedig haar aan om die hele oestyd daar deur te bring.

Dit tref my dat sy raaksien dat die Here nie nalaat om sy trou aan lewendes EN dooies te bewys nie.  Wat Elimelek nie kon doen vir sy vrou en nageslag nie, wat ook sy twee seuns nie kon regkry nie, dit laat God gebeur vir hulle – voorsiening en versorging vir die weduwees.  God is inderdaad ook sy koning, soos Elimelek se naam sê.

Let ook op hoe die volgende toneel in hierdie boeiende verhaal geantisipeer word met die laaste sin: “Sy het nog by haar skoonma gewoon.”


related post

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed