Rut 4 – God gee ‘n wonderlike uitkoms

Written by Chris van Wyk on 17/11/2010. Posted in Rut

Print Friendly

Die verhaal bereik sy hoogtepunt met die ontknoping wat plaasvind in die stadspoort, die plek waar alles van belang, van handel- tot regsake voltrek is.

Let op hoe Boas ‘n fyn strategie uitwerk waarin dit nie net die losser-gebruik is wat in spel kom nie, maar ook die gebruik van die sogenaamde swaershuwelik (vgl ook die Juda-Tamar-verhaal  in Gen 38 waarna later in die hoofstuk verwys word).

Hierdie gebruik het volgens Deut 25:5–10 bepaal dat as iemand sonder kinders sterf, een van sy broers verplig was om met sy weduwee te trou. Die eerste seun uit hierdie “swaershuwelik” geld dan as die seun en erfgenaam van die oorledene.

Die broer kon die verpligting ontduik deur ’n verklaring voor die oudstes van die dorp af te lê.  Dit is egter as oneerbaar beskou. Die weduwee kon dan sy skoen uittrek en hom in sy gesig spoeg omdat hy nie sy broer se huis in stand hou nie.

Let op hoe Boas klem lê op haar Moabitiese afkoms, waarmee hy natuurlik hoop dat die familielid nie verder sou belang stel nie.  Die nader familielid het inderdaad nie hiervoor kans gesien nie, en daarmee slaag Boas in sy doel om met Rut in die huwelik te tree.

Let ook op hoe dit die Here is wat haar die voorreg van swangerskap gee, waarmee duidelik bely word dat die gelukkige uitkoms van dié verhaal aan Hom toegeskryf kan word.  Obed se naam beteken dienaar.


related post

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed