1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink

Written by Chris van Wyk on 22/10/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Die verhouding tussen Elkana en Hanna spreek my nogal aan. Hy was regtig lief vir haar, al kon hulle nie kinders hê nie. Eli het ‘n sagte hart gehad. Hoewel dit beteken het dat hy sy seuns nie aanspreek vir hulle sonde nie, het hy vir Hanna met ‘n goeie gemoed laat weggaan: “Die God van Israel sal aan jou gee wat jy van Hom afgesmeek het.”

Dit is wonderlik hoe hierdie gesin die Here aanbid het – in teenstelling met die priesters Hofni en Pinehas. Jaarliks het hulle die tog aangepak na Silo toe om die Here te aanbid. En die Here het hulle toewyding raakgesien en aan haar (hulle) gedink.

En dieper nog, Samuel is die begin van beide die profeteskool beweging sowel as die monargie in Israel. Die Here het dus nie net aan Hanna gedink nie, maar ook aan sy volk en wat Hy vir hulle beplan!

Tags:

Trackback from your site.

Comments (4)

  • 28/10/2009 at 06:05 |

    Ek onthou die verhaal baie goed van julle seun. Dit bly vir my beide 'n voorbeeld van gebedsverhoring en hoe 'n “priester” teenwoordig moet wees by sy mense en by God. Ds Dave wat regtig 'n inspirasie vir my in my eerste jaar van bediening.

  • Dalene Dippenaar
    28/10/2009 at 06:02 |

    Liewe Chris,

    Hanna het diep in my hart gekruip. Sy het haar losgemaak van die kind wat sy van die Here afgesmeek het en hom aan die Here gewy. Hy was nog 'n klein seuntjie toe sy hom weggebring het na die tempel toe, maar sy het elke jaar vir hom 'n manteltjie gemaak.

    Ons het saam met Ds. Marais ook 'n kind afgesmeek van die Here en moes ons ook losmaak van hom sodat hy verstandig kon raak. Ek het hierdie week ook weer vir hom '' 'n manteltjie gemaak'' toe ek sy kamer skoongemaak het en 'n nuwe skildery teen die muur opgesit het.

    Dankie vir die voorbeelde van omgee wat ons in die bybel aantref.

    Groete,
    Dalene

  • 22/10/2009 at 10:38 |

    Jou gedagte dat daar 'n meer permanente struktuur mettertyd gebruik is, kan bes moontlik in die kol wees.

    'n Bietjie agtergrond: Die woordjie הֵיכָל (hê∙ḵāl) word gebruik in 1 Samuel 1:9. Dit kan vier betekenisse hê: 1) tempel, heiligdom of aanbiddingsplek (soos hier in Samuel); 2) paleis, plek waar ‘n koning of ander hooggeplaaste woon (bv. 1 Kon 21:1; 2 Kon 20:18; Ps 45:9; Dan 1:4); 3) hoofsaal of gebouekompleks (1 Kon 6:3); 4) ’n ander gebou by die tempel wat deel is van ‘n tempelkompleks (Eseg 41:1–25). Die woord vir tabernakel is tabernakel אֹהֶל (’ohel)

    Sommige geleerdes dink, soos jy aanvoel, dat 'n meer permanente (hout-)struktuur die tabernakel vervang het (vgl die deurkosyn waarvan gepraat word), wat moontlik tot hierdie meer algemene aanduiding aanleiding kon gegee het. Silo is in elk geval verwoes met die buitmaak van die ark (Samuel gaan bly in Rama – 1 Sam 7:15-17), wat kon beteken het dat die tabernakel óf êrens gebêre is (onwaarskynlik) of tot niet gegaan het.

    Wanneer die ark terugkom in Jerusalem (2 Sam 6) word dit geplaas in die tent (’ohel) wat Dawid daarvoor gereed gemaak het, moontlik weer gebou op die patroon wat in Eksodus voorgeskryf is.

  • juriejurgens
    22/10/2009 at 10:02 |

    Toe ek gisteraand deur 1 Sam 1 lees, het die woord “tempel” my opgeval, en het ek begin dink oor die oorgang van tabernakel na tempel. Ek was nog altyd onder die indruk dat Salomo se tempel die eerste tempel was. Ek het bietjie op my “e-sword” gesoek, en die volgende gesien:

    1. 1 Sam 1:9 is die tweede plek in die Ou Testament waar die woord “tempel” voorkom – die eerste is in Rigt 9:46 waar van 'n heidense tempel gepraat word – sommige vertalings het dit as “the house of the god Berith” en in daardie vertalings kom “tempel” vir die eerste keer in 1Sam 1 voor.
    2. Die laaste keer wat ek kon kry waar na die tabernakel verwys word, is in Jos 22:19 & 29.
    3. In 1 Sam 2:22 word egter weer gepraat van die ” tent van ontmoeting”, en nie “tempel” nie – ek wonder hoe mens dit moet verstaan? (Ander vertalings gebruik tabernacle)
    4. In 2 Sam 7:6 se God vir Natan dat Hy nog nooit in in huis gewoon het nie, maar in 'n tent en tabernakel.

    Oppervlakkig gesien kan mens amper die indruk kry dat “tempel” in 1Sam1 “uit plek” is, en ek wonder of mens hoegenaamd veel hiervan moet maak? Is dit dalk deel van die oorgang – dat die tabernakel mettertyd plek-plek versterk is met meer permanente boumateriaal, en dus van tent na tempel gegroei het? Ek sal sal graag jou ekspert opninie wou verneem.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed