1 Samuel 11- Vandag het die Here uitkoms gegee

Written by Chris van Wyk on 02/11/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Let op dat hierdie oorwinning die werk van die Gees van begin tot einde is.  Dit is die Gees wat kragtig in Saul begin werk en hy gee aan God die eer vir die oorwinning:

Vandag het die Here uitkoms gegee.

Dit is eintlik so logies, maar ons vergeet dit so maklik.

Saul tree hier ook SAAM met Samuel op.  Hy kom van agter die osse af, waaruit ‘n mens aflei dat koningskap nog nie na sy kop toe gegaan het nie.  Hy gebruik ook die osse om ‘n helder boodskap aan die hele Israel en Juda te stuur, wat die twee dele van die volk agter hom verenig.

Ek hou van die dubbelsinnigheid van die boodskap van Jabes aan Nagas die Ammoniet (afstammelinge van Lot se bloedskande met sy jongste dogter – Gen 19) – dit klink wanhopig, maar is eintlik strategies belangrik.  Dit laat hulle houtgerus vir Saul om hulle voor dagbreek te betrek.

Die uiteinde van die geveg is nie net die afweer van die gevaar nie, maar ook die bevestiging van Saul se koningskap in Gilgal.

Let ook op die grootmoedigheid van Saul waarmee hy sy teenstanders hanteer … maar Gilgal sou ook die plek wees van sy eerste ongehoorsaamheid, net ‘n jaar of twee later.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • 04/11/2009 at 12:19 |

    Die verdeling het met tyd ontstaan en in Rehabeam se tyd 'n voldonge staatkundige feit geword. By Debora (Rigters 4 en 5) al kan 'n mens die verdeling sien tussen dié wat saamveg en dié wat by die huis bly. Dit wil dus voorkom asof op hierdie bestaande onderskeidings ingespeel word, eerder dat dit 'n redaktor se terugskouende benamings sou wees.

  • Vinie Furstenberg
    04/11/2009 at 06:38 |

    Noord- en Suidryk? 1Sam 11:8

    Was die stamme in Saul se tyd ook bekend as Israel en Juda? Ek was onder die indruk dat die benaming eers na Salomo met die skeuring gebruik is.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed