1 Samuel 15 – om te luister is beter as die vet van ramme
Saul se verhaal is, soos Eli s’n, ‘n verhaal van verspilde kanse. Hier gee die Here deur Samuel vir Saul ‘n manier om reg te maak wat hy tevore verbrou het, en hy verkwis die geleentheid, deur Agag se lewe te spaar en van die beste buit te neem.
“Ek is bedroef daaroor dat Ek vir Saul koning gemaak het, want Hy het van My af weggedraai en nie my opdragte uitgevoer nie.”
Dit roer my dat Samuel die hele nag deur die Here smeek om uitkoms, want hy was lief vir Saul en die volk, en sou tot die einde van sy lewe daaroor treur. Maar dit verontrus my dat Saul kan dink hy hét gedoen wat die Here gevra het, maar net nie raaksien dat halwe gehoorsaamheid uiteindelik geen gehoorsaamheid is nie:
“om te luister is beter as die vet van ramme.”
Saul is ook meer bekommerd oor wat sy manskappe sou sê, as wat God deur Samuel sê, en daarom sy poging om Samuel saam te neem na die manskappe toe, sodat hy nie voor hulle verneder word nie. Let op hoe hy begin praat van die Here as Samuel se God. Daarby is die langtermyn gevolge van hierdie ongehoorsaamheid verrykend: Agag se nageslag vind ons weer in die boek Ester, waar Hamman, ‘n Agagiet, Israel probeer uitwis!
Tags: Samuel
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!