WEEK 3: 1 Samuel 16 – die Here kyk na die innerlike

Written by Chris van Wyk on 05/11/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Drie dinge val my op in die gedeelte:

  1. Dat die verandering van koningskap met die Gees te make het.  Met die salwing van Dawid is dit die Gees wat van die dag af  kragtig in hom werk, en juis die Gees wat Saul verlaat en deur ‘n bose gees vervang word, interessant genoeg ook deur die Here gestuur; Alles hang van die Here af.
  2. Dat Dawid se verkiesing eers lank hierna tot sy werklike koningskap lei, waar hy erken word deur die hele volk; dis iets soortgelyks as wat met Samuel gebeur het, sy roeping kom eers 20 jaar na die ark geroof is tot volle ontplooiing.  Verandering neem soms lank, maar daarop moet met geduld en gehoorsaamheid gewag word, totdat die Here dit laat gebeur.
  3. Mense kyk na uiterlike dinge: voorkoms, lengte, dapperheid, welsprekendheid (let op hoe selfs Dawid beskryf word in vers 18) – God kyk na die innerlike.  Selfs Samuel het nodig dat die Here hom begelei om die verskil te kan raaksien om daarvolgens op te tree.  Die Here se keuses moet die deurslag gee, en nie ons eie insigte nie.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • 11/11/2009 at 07:15 |

    Die kort antwoord, Nee.

    Die langer antwoord:

    Die term ruach (Gees) het verskillende betekenisse in die OT:

    1) WIND – 'n onsigbare, misterieuse en magtige krag wat baie keer destruktief is (Gen 8:1; Eks 10:13; Num 11:31; 1 Kon 18:45; Spreuke 25:23; Jer 10:13; Hos 13:15; Jona 4:8);
    2) ASEM of GEES – dieselfde krag op kleiner skaal in die lewe en vitaliteit van 'n mens wat in 'n rigting beweeg kan word (Gen 6:17; Ps 31:5; Pred 3:19; Jer 10:14; Eseg 11:5);
    3) GODDELIKE KRAG – waar 'n krag van buite mense self van hulle besit geneem het, soos in die charismatiese leiers en profete gesien kan word (Num 24:2; Rigt 3:10; 6:34; 11:29; 13:25; 14:6, 19; 15:14-15; 1 Sam 10:6,10; 11:6; 19:20, 23-24).

    Soms is daar 'n oorvleueling van hierdie drie betekenisse, soos in Esegiël se bekende visioen van die vallei met die droë beendere (Eseg 37:9), waar ruach eintlik in al drie betekenisse vertaal sou kon word.

    Hierdie vloeibaarheid van betekenis het beteken dat daar in die OT nie 'n waterdigte skeiding tussen die Goddelike ruach en die menslike ruach getref is nie (Gen 2:7 – vgl ook nog Joh 3:8, 20:22). Die idee bly egter voortbestaan dat die ruach die menslike dimensie is waar die Goddelik ervaar word (Rom 8:16).
    Daar is selfs nie 'n waterdigte onderskeid getref tussen 'n ruach van God wat boos sowel as goed kon wees nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23).
    Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en die konsep van die pneuma (ruach) as 4) PERSOON, en meer spesifiek die Heilige Gees, na vore tree.

    Wat wel interessant is, is dat selfs met dié ontwikkeling, ruach 'n eksistensiële term bly. Soos James Dunn hieroor skryf: “At its heart was the experience of a mysterious, awesome power (as) manifestations of divine energy.” (Michael Welker [ed] 2006 Towards the Spirit of Christ: The emergence of the distinctive features of Christian Pneumatology. The Work of the Spirit. Eerdmans).

  • Vinie Fürstenberg
    11/11/2009 at 06:44 |

    Met betrekking tot “die Gees van die Here” : Het begrip van die Gees as PERSOON hier al bestaan?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed