1 Samuel 19 – die Gees maak Saul kragteloos

Written by Chris van Wyk on 09/11/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Ironies dat die Gees van die Here nou oor Saul kom om hom kragteloos te maak, terwyl die Gees in hoofstuk 10 met sy salwing as koning juis kragtig in hom begin werk het.

Saul illustreer hier die tragiese eienskappe van iemand wat wispelturig en gevaarlik geraak het.  Hy tree op soos iemand wie se gees gefolterd (tormented) geraak het.  Dan is Dawid goed, en dan weer nie.  Let op hoe lede van Saul se eie gesin, Jonatan en Mikal, tot Dawid se redding kom, hoewel Saul ook later teen hulle draai.  Mikal sou dit kort hierna ontgeld deur aan ‘n ander man gegee te word, wat sy eie tragiese geskiedenis tot gevolg sou hê.  En Jonatan sou self Saul se woede moes verduur.

Die ligpunt in die verhaal is dat die Here Dawid beskerm deur sy Gees en deur mense wat vir Dawid omgee.  Dit beteken nie dat Dawid dit hiervandaan maklik sou hê nie.  Sy pad na die koningskap sou deur baie ontberinge lei.  Maar terwyl hy die pad met God loop, gee die Here wysheid en uitkoms.

En dit inspireer en bemoedig my vir die pad wat ek self in hierdie lewe moet loop, al kos dit my ook ontberinge.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • 11/11/2009 at 07:37 |

    God stuur nie bose geeste om sy kinders te pla nie. Sy Gees woon in hulle wat dit 'n onmoontlikheid maak.
    Maar, dié gedagte was nog onontwikkeld in die OT, en die Gees het nog nie in gelowiges gebly nie.
    Daarom is daar nie 'n waterdigte onderskeid getref in die OT tussen 'n gees wat boos is of goed nie (Rigt 9:23; 1 Sam 16:14-16; 1 Kon 22:19-23). Alles is gereken, kom van God af. Die Satan word bv. net op 'n paar plekke aangetref en nie in verband gebring met alles wat boos is nie.
    Dit is eers in die Joodse tussen-testamentêre geskrifte en in die NT evangelies en Handelinge wat die onderskeid begin maak is, en daar 'n definitiewe onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God getref is. Ek kan vir jou 'n baie oulike artikel gee in 'n boek in my kantoor, wat meer uitbrei daarop, as jy belangstel.

  • juriejurgens
    10/11/2009 at 21:18 |

    Die “boosaardige gees wat deur die Here gestuur is” laat my dink aan die toneel in die Hemel wat Job 1 beskryf, waar die Here en Satan met mekaar praat, en God omtrent vir Satan na Job stuur en toe wonder ek hoe 1 Sam 19:10 inpas by die Ou Testamentiese siening van die bose en die Bose? Wat se dit van God? Stuur Hy boosaardige geeste om sy kinders te tormenteer? Sou ons in Nuwe Testamentiese taal dalk se dat God toegelaat het dat hierdie boosaardige (sataniese?) gees 'n houvan op Saul kon kry en dat Saul in elk geval homself blootgestel het hieraan?? Die Nuwe Testament is so vol van duiwelbesetenheid, en dis altyd van Satan en teen God. Hoe pas dit in en hoe moet ons dit verstaan?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed