1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad

Written by Chris van Wyk on 23/10/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Hanna se blydskap oor die uitkoms wat die Here gee, laat haar God beskryf as die een wat die normale orde omkeer, van wie belangrik is en wie nie. En dan die vers wat my besonders tref, vers 9:

“Hy bekerm sy troue dienaars op hulle pad.”

Dit is vir my ‘n groot troos en aanmoediging om te volhard op die pad wat die Here met my loop – en om dit met Hom te loop, en nie volgens my eie goeddunke nie.

Die res van die verhaal in hoofstuk twee bewys eintlik dié punt, want Eli se seuns bewys met hulle dade dat hulle nie God se troue dienaars is nie. Hulle het nie met die Here rekening gehou nie

Dit is tragies hoe die verkeerde optrede van die priesters die mense hulle agting vir die offer aan die Here laat verloor het. En die oordeel wat God oor Eli en sy huis bring, is ‘n les vir enigeen wat ooit in hierdie besondere diens aan die Here staan.

Die ligpunt is dat Samuel die Here gedien het.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (4)

  • 26/10/2009 at 15:30 |

    Oor jou eerste opmerking:

    Die Griekse Septuaginta is vertaal uit 'n Hebreeuse teks. Omdat daar 'n hele paar verskille tussen die Septuaginta en die Masoretiese Hebreeuse teks is, beteken dit heel moontlik dat daar verskillende Hebreeuse tekste in omloop was. Of dit tekste egter uit Babilon of uit Palestina was, is moeilik om te sê. Maar die benaming tempel kan te wyte wees aan óf 'n “slip of the tongue” met die laaste redaksie van die teks in of na die Ballingskap óf te wyte wees aan die feit dat daar 'n meer permanente struktuur (bo-oor?) die tabernakel was wat as 'n “tempel” geïnterpreteer kon word.

    Oor jou tweede opmerking:

    God se belofte aan Eli word wel opgehef, sodat sy nageslag behalwe een uitgewis word. Dit het gebeur met die bloedbad op die priesters van Nob (22:6–18), toe daar net een uit Eli se nageslag vrygekom het, naamlik Abjatar (22:19-23), soos jy tereg na verwys. Hy het egter nie lank hierdie posisie beklee nie, maar is verban na Anatot toe (1 Kon 2:26) en Sadok, die “betroubare priester” (2:35), is in sy plek aangestel (1 Kon 2:25).

    Met die hervormings van Josia is sy afstammelinge nie toegelaat om langer op die platteland werksaam te wees nie (2 Kon 23:8-9), maar is na Jerusalem toe verskuif waar hulle van die Sadokitiese priesters afhanklik was (vgl 2:36). Nogal 'n hele omkeer in hulle hele verhaal.

    So “all in all” was daar maar baie onderlinge struwelinge tussen die verskillende priesterlike families … !

    Samuel was dus nooit 'n priester nie, hoewel hy as profeet en rigter priesterlike funksies uitgevoer het.

  • Vinie
    26/10/2009 at 11:37 |

    Ek het jou kommentaar asook die van Jurie en Johan op die blog gelees.

    Ek het ook `n paar opmerkings: Met betrekking tot die gebruik van tempel en Tent van Samekoms , sou dit nie ook te wyte wees aan verskillende bronne waaruit die boek(e) Samuel saamgestel is nie? Ek kan nie altyd onthou waar ek spesifieke inligting vandaan kry nie. Iewers gelees dat vir die Griekse vertaling die bronne tydens/ na Ballingskap gebruik is, toe die Tempel van Salomo dus bekend was. Vir die Hebreeuse is bronne afkomstig uit Palestina gebruik, en dus dalk nader aan die werklikheid.

    Dan wonder ek ook oor die priesters: God se belofte aan El nl. dat sy huis en nageslag God altyd in die tempel sal dien, word tog opgehef (1 Sam 2:30-31). Is dit reg om te sê Samuel, `n afstammeling van Josef (Efraim ), word dan as priester in Eli se plek aangewys, dus nie `n Leviet nie! Was dit nie vir die volk `n probleem nie? Sou vers 33 verwys na die priester Abjatar (afstammeling van Eli) van wie ons wel later hoor?

    Ons kan maar Woensdagaand verder hieroor gesels!

    Sterkte

  • 26/10/2009 at 11:21 |

    Eli se seuns se sondes word net in hoofstuk 2 en 3 uitgespel:

    1) Hulle het net rou vleis van die Israeliete gevat en nie gekooktes nie, en ook met geweld gedreig om dit af te vat; daarmee het hulle nie net die wet oortree nie, maar die mense ook hulle agting laat verloor vir die offer van die Here; die hele idee van versoening met God het daarmee gedreig om in diskrediet te kom (2:15-17);

    2) Hulle het by die vrouens geslaap wat by die ingang van die tent van ontmoeting diens doen, wat nie net immoreel was nie, maar ook die Israelitiese godsdiens daarmee tot dieselfde vlak as die Kanaänitiese vrugbaarheidsgodsdiens laat daal, en die volk verlei om God te dien, soos wat Baäl onder die Kanaäniete gedien is (2:22-25). Eli se sonde in dié verband was dat hy net gekla het daaroor, maar nie opgetree en dit voorkom het nie, wat hy in staat was om te doen.

  • Pierre Matthee
    26/10/2009 at 11:16 |

    Jy verwys baie na die feit dat Eli nagelaat het om sy seuns te berispe, en ek verstaan dit. Was dit werklik baie erg?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed