1 Samuel 20-21 – Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was
Dit tref my in hoeveel detail hierdie laaste pleitdooi vir Dawid se lewe voor Saul vertel word. En hoe ingewikkeld die kommunikasie tussen Jonatan en Dawid beplan word – die “wit”-leuen oor Dawid se leë plek by die fees en die beplanning rondom die skiet van die pyle. Dit alles loop uit op ‘n finale breuk tussen Saul en Dawid, waarin Jonatan deur Saul verkwalik word as ‘n rebelse ellendeling vir sy verkiesing van Dawid.
Saul is natuurlik reg oor Jonatan, want hy hét gekies vir Dawid, nie net weens sy liefde vir hom nie, maar ook vanweë sy erkenning van God se keuse. Hoe roerend sê hy nie:
“Mag die Here by jou wees soos Hy by my pa was.”
‘n Tydperk van uiterste gevaar breek vir Dawid aan. Hy is ‘n uitgeworpene in die koningshuis, sonder sy wapens en kos, en op hierdie stadium sonder enige manskappe. En Doëg, een van Saul se manne, hou Dawid dop, as hy in Nob aankom.
Dan gebeur twee betekenisvolle goed, hy kry die swaard van Goliat en gewyde brood by die priester Agimelek. En net hierna sou manskappe by hom aansluit, selfs sy broers. Hy word hiermee dus toegerus vir die stryd wat kom. Die Here is dus by hom, terwyl hy in gevaar verkeer.
Tags: Samuel
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!