1 Samuel 3 – Ek gaan ‘n ding doen wat ore sal laat tuit

Written by Chris van Wyk on 23/10/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Twee geestelike leiers word hier in kontras met mekaar geskets, die bejaarde Eli en die seun Samuel.

Eli het in sy bediening horende doof en siende blind geword. Die minagting van sy kinders vir God is deur hom oorgesien en die ongeregtigheid waarvan hy gehoor het, het geen aksie by hom ontlok nie

Samuel dien van kleins af die Here, maar hoor hier die eerste keer die stem van die Here. Ten spyte van die vrees wat die eerste woorde by hom ontlok, vertel hy vir Eli wat God gesê het. En soos ons in hfst 4 gaan sien, gaan die woorde in vervulling. En die proses herhaal hom telkens in Samuel se lewe, sy woorde gaan in vervulling, sodat die volk hom as betroubare profeet kan beskryf.

Die resultaat is dat God se woord weer gehoor kon word in Israel.

Wat my tref, is dat hierdie eerste woord aan Samuel ‘n kras en harde woord was, ‘n woord wat die ore sal laat tuit, soos die Here sê. En hoewel dit leed en smaad in die kleiner kring oor Eli en sy huis bring, bring dit lewe in Israel in die breër gemeenskap

Woorde van bestraffing is dus ook woorde van bevryding.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (6)

  • 30/10/2009 at 09:16 |

    Jy slaan die spyker op die kop. Dit is die tipe verhouding waarbinne ons met die Here moet lewe. Eli en Saul versaak hierdie verhouding met slegte gevolge vir hulleself en hulle mense. Saul en Dawid darenteen wys ons hoe dit heling en diens bring, selfs wanneer dit nodig is om Dawid se sonde uit te wys, soos ons later sal sien.

  • 26/10/2009 at 11:23 |

    Ek dink Eli was 'n sagte mens, wat goeie raad kon gee, en dus 'n goeie mentor was vir Samuel. Sy probleem was dat hy ook sag opgetree het toe die Here se naam in diskrediet gebring is deur sy seuns. As God met Baäl gelyk gestel word, en die wet doelbewus oortree word, het 'n mens geen keuse as om streng op te tree nie. Anders tree God op, en dan bekom dit die leiers suur. Samuel se eerste oorlogsoptrede was in sy laat twintigs (7:2), maar teen dié tyd het hy al 'n reputasie gehad dat wat hy sê uitkom, soos vroeër al grafies geïllustreer is met Eli-hulle se dood.

  • 26/10/2009 at 11:22 |

    Ek stem saam – dit getuig van 'n soort kapitulasie – ek het gefaal, so lank dit my nou net nie te veel kos nie!

  • Pierre Matthee
    26/10/2009 at 11:19 |

    Terug by Eli: Samuel was ‘n jong man wat op ‘n jong ouderdom reeds baie dinamies was. Dit beindruk my veral dat hy die volk bymekaar kon kry, blykbaar sonder veel moeite, om tot God te bid. Dit vra baie dinamika van ‘n jong man (hoe oud was hy toe?). Maar aangesien Eli sy mentor was, moet dit darem ook tog ‘n pluimpie vir Eli wees, of hoe?

  • Pierre Matthee
    26/10/2009 at 11:17 |

    Wat my opval van Eli, is hoe gelate hy sy lot aanvaar toe hy uitvind dat sy seuns gaan sterf. Dit moes vir hom verskriklik gewees het (en uiters vernederend) toe God vir hom sê daar sal ‘n priester kom wat ………… en dan word ’n hele rits goeie en gehoorsame eienskappe genoem, wat impliseer dat sy seuns (en hyself!) regtig ernstig kortkom. Maar hy reageer nie eens hierop nie! Hy aanvaar bloot.

  • Johan Serfontein
    25/10/2009 at 13:57 |

    Dagsê Chris,
    Groot hartseer oor jou blikbrein wat nou weg is. Baie jammer daaroor!
    I Sam 3:10 “Praat Here, U dienskneg luister!”
    “Praat Here…”: Hier vra Samuel vir inspraak, leiding, opdrag en aktiewe betrokkenheid. Hy is nie net 'n passiewe hoorder nie.
    “U dienskneg…”: Samuel bevestig hie die verhouding en status waarin hy tot die Here staan, nl 'n werker in Sy diens. Weereens nie net 'n passiewe hoorder, omstander nie.
    “luister”: Hy hoor nie net nie, hy “luister”. Daar is dus 'n aktiewe interpretasie, meelewing en aanvaarding van wat gesê gaan word, en wat die opdrag gaan wees.
    Jes 6:8 sê presies dieselfde, hoewel die twee rolspelers in totaal verskillende omstandighede is.

    Dit beteken vir my dat elkeen in sy/haar eie omstandigheid, situasie of agtergrond 'n roepstem gaan/kan hoor. Ons moet egter sensitief wees om te hoor wanneer en hoe die Here ons tot diens roep.

    Ek het nie kopiereg op my bydrae hierbo nie en jy kan dit dus deel met ander of uitmekaar trek as ek die bal mis geslaan het.

    Groete, Johan

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed