WEEK 2: 1 Samuel 8 – Samuel se kinders was nie soos hy nie
Hoe tragies dat die geskiedenis homself so herhaal. Eli se kinders was nie soos hy nie. En Samuel se kinders was weer nie soos hy nie. Hulle is as leiers aangestel, maar het hulle eie belange gedien.
Dit is die een rede in die volk se versoek om ‘n koning wat ek begryp. Maar om darem te sê: “Ons wil ook soos al die nasies wees.” Hulle is dan juis anders omdat hulle God se nasie is! Dit wys net vir my hoe domastrant ons kan wees. Ons waardeer nie genoegsaam die wonder van God se teenwoordigheid in ons lewe nie, soos bv. in hoofstuk 7 met die ingrype in die geveg met die Filistyne bewys is, en met die vrede met die Amoriete.
My nekhare rys as ek die Here hoor sê: “Gee nou maar toe aan hulle versoek.” Want dit beteken dat ons eintlik toegelaat word om ons koppe te stamp, sodat ons hopelik uit skade en skande uit wys kan word. Dit laat my weereens vasgryp aan die Hebreërskrywer se opdrag (13:5):
” Wees tevrede met wat julle het.“
Tags: Samuel
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!