1 Samuel 9 – 10 – God verander Saul se gesindheid en roer die harte van die dapperes

Written by Chris van Wyk on 30/10/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Dit tref my dat so iets gewoons, soos ‘n klomp donkies wat wegraak, ‘n reeks gebeure aan die gang kan sit wat uitloop op die aanstelling van die eerste koning van Israel, Saul.  En darem ironies dat dit die slaaf is wat die drie gram silwer het waarmee hulle die siener-profeet wil betaal!

En dan op meesterlike wyse lig die skrywer ons in dat Samuel al die tyd geweet het wat gaan gebeur, en gereed was vir die ontmoeting met Saul.

Saul se karakter word met ‘n paar pennestrepe getrek, en die prentjie maak gemengde gevoelens by ‘n mens los.  Hy blyk nie baie inisiatief aan die dag te lê nie.  Hy het nie ‘n groot dunk van homself of sy familie nie – of is dit maar net Midde-Oosterse beskeidenheid?  Hy kruip weg as Samuel hom aan die volk bekend stel.  En hy steur hom nie aan die kwaadwilliges wat hom met minagting behandel nie.  Miskien ‘n aanduiding wat gaan kom, ‘n koning wat hom laat lei deur wat ook al gebeur?

Teenoor dié prentjie skyn die werk van God van agter die skerms deur.  Hy neem Samuel vooraf  in sy vertroue en gee hom opdragte oor Saul.  Hy praat  direk met Samuel as Saul voor hom verskyn.  Die Gees van die Here verander Saul se gesindheid en werk kragtig in hom.  God lig hulle in dat Saul wegkruip tussen die bondels goed.  En Hy roer die harte van ‘n aantal dapperes om saam met Saul te gaan.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • 04/11/2009 at 12:31 |

    Dit is inderdaad die geval dat die tema van koningskap van vroeg af voorkom. Jy noem Gen 17:6, maar dit kom ook voor in Gen 17:16; 35:11; 49:10; Num 24:17; Deut 17:14–20; 28:36 (Wenham). Die probleem in Samuel is dus nie dat daar 'n koning sou kon kom nie, maar eerder dat die volk dit op die tydstip vir die verkeerde redes wil hê – sodat hulle soos die ander volke kan wees, wat implisiet 'n verwerping van God se koningskap ingesluit het. Dit is waarteen beide Samuel en God in opstand kom. God het immers deurgaans met leiers gewerk. Selfs die aartvaders was leiers van hulle clans gewees, maar Moses, Josua, al die Rigters, en selfs Samuel was sterk leiers. Interessant, Saul word ook 'n nagid genoem (1 Sam 9:16 en 13:14), 'n prins, wat 'n meer charismatiese (Gees-vervulde) leierskap veronderstel, eerder as net die woord melek wat soos al die ander konings van Kanaän sou wees. En dit is dié tipe “koning” wat hulle in Dawid uiteindelik kry. En dan, ek dink Samuel het dit as 'n persoonlike belediging opgeneem, wat die situasie nog moeiliker gemaak het. En as hy enigsins 'n hand in die skryf van dié verhaal gehad het, het hy dit moontlik uit sy eie perspektief op die tafel gesit …

  • Vinie Furstenberg
    04/11/2009 at 06:42 |

    Met betrekking tot die volk wat `n koning wou hê: 1 Samuel 10-12

    In die lig van Gen.17:6 waar God met Abraham `n verbond sluit is daar ook die belofte dat konings uit Abraham sal voortkom!

    Hoe bring ons dit nou in verband met die kwessie dat Samuel en die Here aanvanklik nie gelukkig was met hierdie versoek van die volk nie? Hulle is dan nou in die land wat God aan hulle beloof het. Waarom sou dit verkeerd wees vir die volk om te verwag dat ook die belofte van “konings sal uit jou voortkom” in vervulling moes gaan?

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed