2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here

Written by Chris van Wyk on 25/11/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Dit is só ‘n bekende verhaal, dat ek verras is met die emosionele impak daarvan op my.  Dit is met ‘n sinkende gevoel van afgryse wat ek lees hoe Dawid al dieper sak, van owerspel tot moord en die gevolglike leuens om die ware toedrag van sake te verdoesel.  En dit net omdat hy in die oorlog teen die Ammoniete nie sy verpligtinge nagekom het nie, en gevolglik aan versoeking blootgestel is.

Attah ha-ish - Jy is die man – weerklink nog steeds in my ore soos toe my Hebreeuse dosent dit jare terug in die klas gelees het.  Die probleem met die sonde is reeds erg in terme van die effek van die mense wat daardeur geraak word, Batseba, Urija, en die ander wat ingespan word om die leuens in stand te hou, bv. Joab.  Vier seuns sou sterf as straf vir hierdie onbesonne daad, Batseba se kind, Amnon, Absalom en Adonia -  Dawid betaal dus viervoudig, soos hy self voorstel!  Selfs Agitofel word daardeur geraak, want Batseba was sy kleindogter (Eliam, Batseba se pa, was sy seun – 2 Sam 23:34), en verklaar moontlik sy ondersteuning van Absalom later in die verhaal.

Maar die diepste ellende van sonde lê in die minagting van die Here, waarmee sy sorg, beskerming en voorsiening in die wind geslaan word om jou eie, gewoonlik korttermyn, belang te dien.

Ons dink baie keer aan Psalm 51 en die vergifnis wat Dawid ontvang het na hy van harte belydenis van sy skuld gedoen het.  Maar die tragiese gevolge van sy dade, en die oordeel van die Here wat hom tref, gooi ‘n groot skaduwee oor die hele loopbaan van Dawid hierna.  Die ligpunt is die intense hertoewyding van Dawid en die geboorte van Salomo, “man van vrede”, of Jedidja, “die Here het hom lief”, soos Dawid hom genoem het.

Dawid kom ook uiteindelik sy verpligtinge in die oorlog teen die Ammoniete na, en verower só die hoofstad Rabba.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • 25/11/2009 at 12:12 |

    Akis en Dawid volg die konvensie van hulle tyd om God se hulp in te roep om aan hulle eie woorde gewig te gee. Dit sou net oneerbiedig wees as hulleself nie nakom wat hulle belowe of waaraan hulle hulleself verbind nie. Akis verwys heel moontlik na die Here as die God van Dawid, dws sonder om noodwendig persoonlik in Hom te glo, hoewel sy eerbied vir Dawid hom 'n eerbied ook vir sy God gee (1 Sam 29:9 ).

  • Vinie
    25/11/2009 at 12:06 |

    Middag Chris,
    Wonderlik hoe dat die tegnologie mens kan laat voel jy is sommer naby terwyl die groot Indiese oseaan ons nou skei!
    Ek is so dankbaar dat ek jou kommentaar van elke dag kan volg!
    Ek het vandag nie veel vrae nie,jou dagstukkies het meeste vrae beantwoord.
    Dit val my net op hoe dikwels mense “in die Naam van die Here” uitsprake maak soos selfs ook Akis in vorige week se hoofstukke. Hy wat `n Filistyn is maak die uitspraak oor Dawid: “So seker as die Here leef” (1 Sam 29:6).Sou hy dan weet wie die Here is? Of waar Dawid `n eed aflé :”Mag God my om die lewe bring….”(2 Sam 3:35) en ook “Mag die Here self die saak regstel” (2 Sam 3:38)
    Is dit nie tog op `n manier oneerbiedig om so namens God te praat nie?

    Dan wil ek net noem watter diepe emosionele ervaring ek beleef het rondom Hoofstuk 7 en Hoofstuk 11.Om te dink `n mens kan so `n wonderlike verhouding met die Here hé en nog in swakheid afdwaal! Dan besef mens net opnuut hoe groot die Genade van God is! God wat nooit Sy trou aan ons onttrek nie. Voorwaar, ons kan ook daarvan getuig!

    Nogmaals dankie vir wat jy vir ons by Bybelskool doen!
    Groete aan Lynette
    Van ons hier in Ossieland

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed