WEEK 7: 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied

Written by Chris van Wyk on 26/11/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Joab, seun van Dawid se suster Seruja, bewerk versoening tussen Absalom en Dawid op ‘n manier wat herinner aan die storie wat Natan gebruik het in hoofstuk 10 met Dawid se sonde met Batseba.  Hoewel Dawid aan die versoek toegee dat Absalom weer mag terugkom, neem dit twee jaar voor hy met die verdere bemiddeling van Joab voor sy pa mag verskyn.  Let op hoe berekend Absalom optree met die verbranding van Joab se stuk land om hom te dwing om op te tree.

Die breuk blyk egter nie volledig herstel te wees nie, want oor die volgende 4 jaar werk Absalom onverpoos daaraan om die harte van die volk te steel en sy troonopvolging te verseker.  Dat Absalom na Hebron toe gaan om sy opstand te beplan, is baie betekenisvol, gegewe die Abraham-verbintenis aan die plek.  Dit is ook die plek waar Dawid as koning deur die volk gesalf is.

Agitofel, Batseba se oupa, word ook meegesleur in die sameswering.  Hy laat dit toe, moontlik vanweë die Batseba-episode.  Dawid vlug uit die stad Jerusalem, moontlik om die stad ‘n beleg en inval te spaar.  Dit kan ook wees dat hy interne verraad gevrees het.  Daardeur kry hy ook die voordeel dat hy plek waar die uiteindelike botsing sou plaasvind, kan bepaal.  Die Filistyn Ittai, ‘n belangrike leiersfiguur (2 Sam 18:2), beloof trou aan Dawid, amper soos Rut dit vir Naomi gedoen het.

Dawid stuur die twee priesters, Abjatar en Sadok, met hulle twee seuns terug om ‘n kommunikasie-kanaal te skep sodat hy kon hoor wat in die stad aangaan.  Ook Gusai, sy vriend, word agtergelaat om Agifofel se raad te verydel.  Let op hoe Dawid tot die Here bid om hulp, bv. om Agifofel se raad te verydel EN strategies beplan en dan die planne in werking stel om die situasie die hoof te bied.  Die ark word ook teruggestuur, heel moontlik om Absalom gerus te stel oor die priesters wat agterbly in Jerusalem, maar ook omdat Dawid weet die opstand is een van die gevolge van sy sonde, en dat dit net die genade van die Here self sal wees wat hom in dié situasie kan red, nie ‘n simbool van God nie (anders as in 1 Sam 4).

Dawid verwoord sy gevoelens oor hierdie gebeure op besondere wyse in Psalm 3 en heel moontlik ook in Psalm 41, 61, 62, 63.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed