2 Samuel 22-23 – Dit is God wat die oorwinning gee – al my hulp en vreugde kom van Hom af

Written by Chris van Wyk on 01/12/2009. Posted in Samuel

Print Friendly

Hoofstuk 22 kom amper woordeliks ooreen met Psalm 18, op ‘n paar uitsonderings na.  Aan die einde van Dawid se lewe besing dit die wonder van God wat in die moeilikste situasies denkbaar, uitkoms gee en Dawid die oorwinning laat behaal.  Beelde word gebruik wat resoneer met die uitdagende pad wat Dawid reg deur sy lewe geloop het.  Let op hoe Dawid dit koppel aan sy onskuld en opregtheid.  Dit was veral die geval in sy stryd met Saul.  Hy ontken nie hiermee sy skuld met Batseba en Urija nie, en aanvaar dat hy daarvoor vergewe is (12:13).

Na hierdie Psalm word die laaste woorde van Dawid weergegee in hoofstuk 23, net soos dit met Moses die geval was (Deut 32-33).  Waar die Psalm in hoofstuk 22 veral op die verlede gekonsentreer het, is hierdie laaste woorde veral gemik op die vestiging van sy koningskap vir altyd, dws die toekoms.  Let op hoe koning Dawid hier ook as profeet geteken word.  Omdat hy ook priesterlike funksies van tyd tot tyd verrig het, sien ‘n mens iets in hom van die drie-voudige amp van Christus: koning, priester en profeet.

Dawid se dapper manne word hier in ‘n uitgebreide lys vereer, geplaas in ‘n rangorde van dapperheid.  Daar word meer as dertig name in die dertigtal genoem, heel moontlik omdat dit van tyd tot tyd in Dawid se termyn aangevul is.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed