2 Korintiërs 11 – Goddelike bekommernisse en besorgdheid

Written by Chris van Wyk on 13/09/2010. Posted in Korintiërs, Tessalonisense en Korintiërs

Print Friendly

Paulus beweeg in hoofstuk 11 en 12 na sy stryd met die valse apostels.  Hy het egter nie ‘n sieklike obsessie met die vals apostels as sodanig nie, maar eerder steeds ‘n bruisende passie vir die geestelike volwassenheid van die Korintiërs (vgl 13:11!).

In 4 hoofdele skryf hy 1) oor sy besorgdheid oor die Korintiërs om hulle as ‘n vlekkelose bruid vir Christus voor te berei (11:1-15 – vgl Ef 5:27), 2) oor sy ontberinge in die proses (11:16-32), 3) oor die paradoks van sy ervaringe, verbluffende hoogtepunte en uitmergelende laagtepunte (12:1-10) en 4) weer oor sy besorgdheid oor hulle wat hy met die metafoor van ‘n ouer teenoor kinders uitdruk (12:11-21).

11:1-15 – Let op hoe hy steeds hom beywer dat hulle gedagtes nie weggelei sal word van Christus af nie, soos Eva aanvanklik verlei is deur die listigheid van die slang nie.  Hoe hulle dink oor Jesus, is, en sal altyd belangrik bly.  Die gladheid van die sprekers se optrede moet nie vir die Korintiërs swaarder weeg as die kennis van God wat hulle openbaar nie.  En in kennis van God weet Paulus kan hy meer as net saamgesels!

Daarbenewens het hy ‘n stap verder gegaan en die evangelie kosteloos aan hulle verkondig (weereens verwys hy na 1 Kor 9, sy roepingsbeskrywing).  Maar, belangrik, hy het dit nie gedoen om hulle te beskaam nie, maar omdat hy vir hulle liefhet!  ‘n Mens kan immers hulp weier van iemand, en eintlik daarmee ‘n subtiele verwyt na hulle slinger!

Let op hoe Paulus van die vals apostels praat as Satan se dienaars – omdat hulle oneerlik is en nie deur Christus aangestel is vir die werk wat hulle doen nie!  Interessant dat Paulus hier van die innerlike roeping van Woordbedienaars praat, en wys hoe die gebrek daaraan maak dat die vals apostels nie bereid is om te ly vir hulle bediening nie.  Weereens ‘n maatstaf wat ons vandag ook kan aanlê.

11:16-33 – Daarom gaan Paulus nou voort, om in sy dwaasheid groot te praat.  Let op hoe hy weer soos in 1 Korintiërs 7 sê dat hierdie sy woorde is en nie God s’n nie.  En hy sit op die tafel 3 goed: sy afkoms (‘n Hebreër, Israeliet en van Abraham af), sy opdrag (dienaar van Christus) sowel as sy bereidheid om lyding te verduur (‘n 30-tal ontberinge!) in die uitvoering van sy bediening.

Wat my tref is veral vers 29-30, waar hy van sy daaglikse bekommernisse oor al die gemeentes wat hy gestig het, praat sowel as die effek op homself, dat as iemand swak is of in sonde val, dit vir hom voel asof dit met homself gebeur (vgl weereens die ooreenkomste met sy roepingsopdrag in 1 Kor 9:22 “vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen”).

Sy bekommernisse druis natuurlik nie in teen Jesus se duidelike lering dat ons ons nie moet bekommer nie (Matt 6:25-34).  Jesus het bedoel, dat jy jou nie moet bekommer oor jou “daaglikse brood” nie (eet, drink, die dag van môre).  Jy kan immers daarvoor bid en op God se voorsiening vertrou (Matt 6:5-15).

Maar Jesus het wel geleer dat jy totaal gefokus moet wees daarop dat die wil van God gedoen sal word, en dat sy koninkryk in die lewe van mense sal kom. Paulus leer dit immers self aan die Filippense (4:6-8 – gee bekommernisse vir God; fokus op die goeie).  En ‘n mens kan hierdie ywer met dieselfde woorde uitdruk: bekommerd en besorgd.  Dit is immers wat dit beteken om jou met passie te beywer vir iets – Goddelike bekommernisse en besorgdhede.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed