2 Korintiërs 12 – As ek swak is, is ek sterk

Written by Chris van Wyk on 14/09/2010. Posted in Korintiërs, Tessalonisense en Korintiërs

Print Friendly

Paulus brei hier uit oor die paradoks van sy ervaringe, verbluffende hoogtepunte en uitmergelende laagtepunte (12:1-10) en weer oor sy besorgdheid oor die Korintiërs wat hy met die metafoor van ‘n ouer teenoor kinders uitdruk (12:11-21).

Dit lyk op die oog af asof Paulus van ‘n ander persoon as hyself praat in vers 2-4.  Dit is egter waarskynlik dat Paulus hier oor homself in die derde persoon skryf, en wel om die volgende redes: 1) hy is besig om sy apostoliese gesag te verdedig, en dit sou nie sin maak om oor iemand anders se gesigte en openbarings te skryf nie; 2) Ons lees op ‘n paar ander plekke van gesigte wat hy gehad het (vgl. Hand. 9:3; 16:9; 22:17; 27:24; Gal. 1:12); 3) vers 6 is ‘n verskuilde aanduiding dat dit wel hy is: “al sou ek wil roem, sal ek tog nie dwaas wees nie, omdat ek die waarheid sal praat;” en 4) hy wil nie eintlik oor iets praat waaroor hulle nie ‘n oordeel sal kan uitspreek nie, maar nou dwing hulle hom op dwaas te wees, om die aansprake van die valse apostels te troef.

Dit wil voorkom asof die derde hemel en die paradys dieselfde plek is, dit is, die plek waar hy in die teenwoordigheid van God kon wees.

Die doring in sy vlees is al met baie siektes verbind (bv. ‘n oogsiekte op voetspoor van Gal 4:13-15, wat vertel dat hy siek geword het, en hulle met hom deernis gehad het, en “as dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het”), maar dit bly eintlik ‘n onopgeloste raaisel.

Paulus se beskrywing van God se krag wat tot sy volle werking kom wanneer ons swak is, is nie net ‘n goeie beskrywing van die lewe van ‘n apostel nie, maar ook ‘n bemoediging vir elkeen wat op een of ander stadium in sy lewe ontberinge ly in die navolging van Jesus.

Let ook op hoe Paulus die merktekens van ‘n apostel uitspel: tekens, wonders en kragtige dade (vers 12).  Dit kan ook as ‘n meetinstrument aangelê word vir mense vandag wat graag die term apostel op hulle eie bediening van toepassing wil maak.

Hy is ook baie duidelik oor wat sy doel met sy bediening aan hulle is: “Alles wat ons doen, geliefdes, is in belang van julle geestelike opbou.”  En hy is baie besorgd dat hulle onderlinge twis en afguns hulle van die pad af kan verlei.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed