2 Korintiërs 13 – Groei in geestelike volwassenheid

Written by Chris van Wyk on 15/09/2010. Posted in Korintiërs, Tessalonisense en Korintiërs

Print Friendly

Paulus eindig hierdie brief met ‘n paar slotopmerkings oor sy komende besoek aan hulle en die pragtige trinitariese seënwens wat predikante sedertdien meestal aan die einde van ‘n erediens in die kerk gebruik.  Die aanhaling uit Deut 19:15 word waarskynlik gemaak om die stelligheid van sy besoek te bevestig, veral aangesien hulle hom verkwalik het dat hy sy vorige besoek afgestel het.

Hy plaas sy opmerking in die vorige hoofstuk – dat as hy swak is, is hy sterk – in perspektief.  Hy leef soos Christus uit die krag van God en by sy volgende besoek sal hulle dié krag te siene kry.  Daarom moedig hy hulle aan om hulle lewens in orde te kry, en nie as “praktiese atëiste”  (Pat Keifert se term) te leef nie, wat nie rekening hou daarmee dat Christus in die geloof in hulle leef nie.  Selfondersoek bly ‘n belangrike geestelike gewoonte op enige stadium van geestelike groei.

Hy bid dat hulle dit sal regkry om die goeie te doen en geestelik volwasse sal leef, want hy wil hulle verder kom opbou en nie tyd spandeer aan die afbreek van dit wat sleg is nie (vgl 10:18).  Let op hoe belangrik geestelike volwassenheid vir hom is, hy noem dit twee keer (vgl ook 12:19).

As teken van die eensgesindheid en vrede wat onderling moet heers, roep Paulus hulle op om mekaar met die soen van Christelike gemeenskap te groet, ‘n gebruik wat wel vreemd in die Grieks-Romeinse wêreld van dié tyd was, maar tog in die Midde-Oosterse wêreld bekend was.  Dit wys net hoe radikaal die eenheid was wat Christus tussen mense van alle vlakke van die samelewing geskep het.

Tags:

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed