2 Korintiërs 5:11-6:13 – Ambassadeurs van die versoening

Written by Chris van Wyk on 07/09/2010. Posted in Korintiërs, Tessalonisense en Korintiërs

Print Friendly

Paulus sit sy beskrywing van die evangelie en die impak daarvan in ons lewe voort deur te fokus op Christene as nuwe mense of skeppings van God (5:11-6:13) wat die bediening van die versoening ontvang het en nou God se gesante of ambassadeurs is.

Hy doen dit teen die agtergrond van sy teenstanders wat beswaar maak teen sy bediening.  Sommige skryf hom af as te emosioneel (in geestesvervoering) en ander dat hy te intellektueel (by ons verstand) is. Praat nou van ‘n “catch 22” situasie!  Hy antwoord daarop deur te wys dat innerlike bedoelings belangriker is as uiterlike prestasies, hoewel daar darem ook baie van sy prestasies is waarop hulle trots sou kon wees.  Dit is die liefde van Christus wat hom dring – en nie die oorweging van geldmaak wat by sy teenstanders die hoofmotivering was nie (2:17).

Daardie liefde van Christus is so ‘n groot werklikheid vir hom dat niks belangriker is as Hy nie, en omdat die evangelie vir alle mense bedoel is, kan Paulus nie anders as om net daarvoor te lewe nie. Let op die ooreenkomste met die beskrywing van sy roeping in 1 Kor 9:19-23 – “vir almal het ek alles geword om in elk geval sommiges te red”.  Redding is natuurlik nie vanselfsprekend nie, omdat mense in geloof op die aanbod van versoening moet reageer.  Maar Paulus doen alles wat hy moontlik kan om God se aanbod van versoening by mense uit te bring.

Paulus skets versoening dus hier as die hart van die bediening – versoening met God in die sin van ‘n vryspraak van sonde en ‘n nuwe verhouding met Hom, en versoening met ander deur hulle harte onderling wyd oop te maak vir mekaar.  Maar let op, 1) dit is God se program van versoening waarby Paulus-hulle inskakel – en dit is ook hoe ons die taak van versoening moet behartig, as medewerkers van God, as sy ambassadeurs; 2) dit is bedoel vir die hele wêreld, en moet deur ons na almal geneem word.

Daarmee deel Christene reeds in die nuwe skepping wat God gaan bring, en is eintlik ook reeds nuwe skepsels of skeppinge van God (5:17) deur hulle verhouding met Christus.  Daarom kyk ons ook nou na mekaar uit die hoek van ons Christenskap en die waarde van ons lewe vir die koninkryk en nie meer uit die hoek van ons menslike eienskappe en prestasies en die waarde vir hierdie lewe nie.

Paulus spel dan die praktiese implikasies hiervan uit.  Hierdie genade van God, die aanbod van die versoening, is so ‘n groot gawe dat dit omhels moet word, anders kan dit heeltemal verniet wees.  Dit tref my dat hierdie genade van God vir Paulus so belangrik is, dat hy, soos iemand een keer gesê het, eintlik in die “opposite spirit” lewe, dws: al word hy bedroef, hy is altyd opgeruimd; al is hy arm, is hy bly dat hy ander mense ryk maak (vers 10).  Dit is die paradoks van die Christelike bediening – die dood van die bedienaar is die lewe van die wat bedien word.  Hy stel dit dus as sy eer om ten spyte van belediging en minagting betroubaar te wees (vers 8), want God se genade en Christus se liefde het hom van binne verander.

Soos Chrisostomus, die groot prediker van Antiochië, later hieroor sou skryf: “Just as what brings heat makes things expand, so it is the gift of love to stretch hearts wide open; it is a warm and glowing virtue.”  Dit was Jesus se dryfveer … dit was Paulus se dryfveer … en dit is die enigste dryfveer wat ook ons lewens moet rig – die liefde vir God en vir ons naaste.

Tags:

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Laetitia de Villiers
    08/09/2010 at 12:10 |

    Beste Chris,

    Ek is lief vir woorde en gedigte. In Matt. 5:45 staan mos die Here laat reën neerdaal op die wat reg doen en die wat verkeerd doen.

    Toe skryf iemand in die 19de eeu die volgende scholium daarby :

    ‘The rain it raineth on the just
    And also on the unjust fella .
    But chiefly on the just, because
    The unjust steals the just’s umbrella ‘.

    Op veel ernstiger noot:

    Jou scholium [? ] vir 2 Korintiërs 5:11 tot 6: 13 het my baie beïndruk. Die laaste woorde – Chrisostomos se aanhaling – en dan jou afsluiting daarop is wonderlik.

    Ek het Chrysostomos se woorde so vertaal:

    ‘ Net soos daar iets is wat maak dat hitte materie laat uitsit, is dit die geskenk van die liefde wat harte ruimer laat word – dit is ‘n warm en gloeiende krag. ‘

    • Chris van Wyk
      08/09/2010 at 12:12 |

      Dankie! Skitterende opmerking oor die sambrele! En ‘n mooi vertaling!

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed