2 Tessalonisense 1 – God is regverdig en betroubaar
Paulus is dankbaar om te hoor van die gemeente in Tessalonika dat hulle geloof en liefde sterk toeneem (skaars Griekse woord huperauxano wat supergroei beteken!) ten spyte van vervolging en lyding. Paulus dank God daarvoor, en praat met trots daarvan in al die ander gemeentes. En dan bemoedig hy hulle om te volhard daarin deur na 2 eienskappe van God te verwys:
- God se regverdigheid, wat nie sal toelaat dat die lyding wat hulle verduur ongestraf sal verbygaan nie. Die mense wat hulle nou laat ly, sal gestraf word met die ewige verdoemenis.[1] Let op hoe die verdoemenis geteken word as “altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here” (vers 9). Calvyn het gepraat van ’n “onsterflike dood”.
- God se betroubaarheid, wat nie net sal straf nie, maar ook sal sorg dat hulle daar is om te deel in die verheerliking. Let op dat God verheerlik sal word deur hulle standvastige geloof én dat hulle deur Hom verheerlik sal word (vers 12).
Paulus sluit dié hoofstuk met ’n gebed dat God hulle waardig sal maak vir dié lewe waartoe Hy hulle geroep het, dat Hy hulle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome sal maak – woorde wat herinner aan die eerste brief (1:3; 5:8).
Die boodskap bevredig my eie sin vir regverdigheid – lyding is nie maar toevallig of verniet nie – en gee my hoop – God sal my waardig maak vir die lewe waartoe Hy my geroep het. Ek kan op sy regverdigheid en betroubaarheid staatmaak, in my bediening en lewe.
[1] Vers 8 praat nie soseer oor twee groepe mense nie, maar oor een. Die tweede frase: “die wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie” verduidelik die eerste frase: “die mense … wat nie vir God ken nie”. En dit dui hier op die vervolgers van die gelowiges in Tessalonika.
Tags: Tessalonisense, wederkoms
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!