2 Tessalonisense 3:1-5- Gebed laat die Woord versprei
Die Bose is natuurlik nie net beperk tot die persoon van die Satan self of die wetteloosheid wat aan die werk is in die wêreld nie. Verkeerde (letterlik: mense wat uit plek uit is!) en slegte mense kom ook in die geledere van die gemeente voor: “nie almal is gelowiges nie.”
Interessant is Paulus se voorskrif nie dat sulke mense uitgesnuffel moet word en uit die gemeente geban moet word nie. ’n Mens kan natuurlik lelike foute op dié manier begaan. Hy skryf gebed voor die gemeente en vir die werkers in die wingerd van die Here. Dit is na alles God wat ons van die Bose bewaar ( vgl Matt 6:13).
Paulus se voorskrif tot gebed ook vir die werkers herinner aan Jesus se opdrag in Lukas 10:2: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” Maar die Woord word nie net deur die volgehoue arbeid van geestelike werkers versprei nie, maar spesifiek ook deur die gebede van die gemeente vir die bestaande werkers, in dié geval Paulus-hulle.
Vers 5 spoor die gemeente aan om aan die een kant God se liefde vir hulle te onthou. Dit sal hulle versterk. Maar Hy hou ook die voorbeeld van Christus voor, spesifiek sy volharding. Dit sal hulle moed gee om hulle eie geloofswedloop te voltooi.
Kies weer vir jou ’n vers of ’n woord om oor dieper na te dink.
Tags: Tessalonisense
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!