Handelinge in die Bybelse storie

Written by Chris van Wyk on 26/07/2010. Posted in Tessalonisense, Tessalonisense en Korintiërs

Print Friendly

Handelinge is deel twee van die verhaal van Lukas (op ‘n aparte boekrol).  Dit vertel die storie van die redding deur Jesus soos dit deur die Gees en die kerk voortgesit word van Jerusalem af tot in Rome. [1]

Lukas beklemtoon hier:

  • Die goeie nuus van God se redding deur Jesus is vir beide Jode en heidene.
  • Die Ou Testamentiese beloftes word daardeur vervul.
  • Die Heilige Gees begelei die kerk in die verspreiding van die evangelie.
  • Die kerk val in by God se reddingsplan wat die heidene insluit.
  • Hierdie redding is God se saak en niks kan dit keer nie.
  • Die goeie nuus word deur sommige met vreugde aanvaar en deur ander met woede verwerp.

Lukas laat die twee dele van sy verhaal – Lukas en Handelinge – baie vernuftig met mekaar korrespondeer:

  • Handelinge 1-12 vertel van die verspreiding van die evangelie en korrespondeer met Lukas 1-9 – die geografie is net omgekeer: dit begin in die stad Jerusalem en versprei na die platteland in Judea.
  • Handelinge 13-20 is ook ‘n reisverhaal en korrespondeer met Lukas 10-19 – Paulus neem die evangelie na Asië en Europa (op pad na Rome – soos Jesus op pad na Jerusalem).
  • Handelinge 21-28 vertel ook van ‘n verhoor en korrespondeer met Lukas 20-24 – Paulus verskyn voor dieselfde drie tribunale as Jesus (die Joodse Sanhedrin [Luk 22/Hand 22], die Romeinse goewerneur [Luk 23/Hand 25], en een van die Herodes konings [Luk 23/Hand 25 {Julius Markus Agrippa}]) – die resultaat is dat die evangelie tot in die hart van die Romeinse ryk versprei.

Die verhaal fokus op die beweging van die evangelie van Jerusalem na Rome.  Die goeie nuus van God se redding word aan alle mense aangebied in vervulling van die belofte aan Abraham (Hand 3:25 – “jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot ‘n seën wees” – Gen 12:2-3) en die visie van die profete (Hand 15:17 – “al die heiden nasies”  – Amos 9:11-12).

Dit is verdeel in 6 hoofstukke deur Lukas se opsommende opmerkings in 6:7, 9:31, 12:24, 16:5 en 19:20.  Elke keer is dit asof Lukas ‘n pouse daarmee skep voor die verhaal in ‘n nuwe rigting beweeg: geografies, etnies, eties, en/of polities:

  • 1:1-6:7 – die goeie nuus oor Jesus versprei na ander Jode in Jerusalem
  • 6:8-9:31 – die goeie nuus oor Jesus versprei geografies na Jode in Judea, Galilea en Samaria sowel as Afrika (Etiopiese amptenaar) met die Griekssprekende evangelis Filippus wat ‘n groot rol speel.
  • 9:32-12:24 – die eerste etniese uitbreiding na heidene (Kornelius) vind plaas in Sesarea (Noord-Palestina) en Paulus kom tot bekering op die pad na Damaskus.
  • 12:25-16:5 – die goeie nuus versprei na Asië met Paulus en Barnabas se eerste sendingreis en bring etiese vraagstukke na vore wat deur die Jerusalem “sinode” (hfst. 15) besleg word.
  • 16:6-19:20 – die goeie nuus versprei na Europa deur twee verdere sendingreise van Paulus wat tot gevolg het dat die kerk al hoe meer uit Christene uit heidense volkere bestaan.
    • Let op hoe Antiochië die uitstuur sentrum bly en die Heilige Gees die sending begelei.
    • Let ook op hoe Paulus steeds sy aanknopingspunt soek by die Jode in hulle sinagoges.
    • Hoewel baie mense tot bekering kom, is daar ’n hele paar gevalle van konflik met die stadsbesture (16:16-40; 17:5-9; 18:12-17) wat gewoonlik deur die Jode aangehits is (17:5,13; 18:12).
    • Die stadsbesture is meesal traag om tussenbeide te tree, ’n houding wat algaande sou verander na die meer ongenaakbare optredes in die eeue wat sou kom.
    • Let ook op na die eerste voorbeeld van verkondiging in ’n heeltemal heidense omgewing, Paulus se toespraak op die Areopagus in Atene (17:16-34).
    • 19:21-28:31 – op die derde sendingreis besluit Paulus om na Jerusalem te gaan en het die vervolging daar tot gevolg dat die evangelie ook polities begin versprei om uiteindelik Rome, die hoofstad van die Romeinse ryk bereik.

Ons fokus in hierdie Bybelskool op wat Lukas ons in Handelinge 16-19 vertel as agtergrond tot die skryf van die briewe aan Tessalonika en Korinte.


[1] Vgl “The Gospels and Acts in the Biblical Story” in How to Read the Bible book by book deur Gordon Fee en Douglas Stuart (2002, Zondervan: Grand Rapids, Michigan, p 267 e.v.

 

Tags: , ,

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Laetitia De Villiers
    27/08/2010 at 12:17 |

    ANTIOCHIë IN PISIDIë: Almal weet van die Antiochië [teen Sirië] waar volgelinge die eerste keer Christene genoem is, maar uiters min weet van Antiochië in Pisidië. Tog is dit baie belangrik en interessant. Handelinge 13, 13 – 50 haal Paulus se hele preek in die sinagoge daar aan, en vertel hoe hy daar verdryf is is omdat hy mense behalwe Jode ingenooi het. Volgens hierdie Bybelse rekord, is dit dan waar, so ver ek weet, nie -Jode vir die heel eerste keer toegespreek is – en boonop in ‘n sinagoge. Of is ek verkeerd? Dus is dit vir die ontstaan van die christengeloof van uiterse belang, lyk dit my.

    Antiochië in Pisidië word tans opgegrawe [daar word al 120 jaar aan Efese gewerk!]. Ek het Dr. Taslialan, die stukrag agter die ontginning ontmoet. Die opgrawings geniet tans groot aandag onder akademici wêreldwyd en Dr. Taslialan is al na baie lande genooi om daaroor te praat, maar verder is dit nog baie onbekend en min toeriste word daarheen geneem [ek doen dit wel al jare lank ]. Dit het dus baie meer publisiteit nodig, dink ek . Dis ook interessant om te sien hoe lyk ‘n stad wat huidiglik in ‘n proses van uitgrawing is.

    Met beste groete en groot dank vir jou al jou werk vir ons

    Laetitia De Villiers.

    • Chris van Wyk
      27/08/2010 at 12:25 |

      Dankie vir die interessante brokkie inligting. Nie-Jode (onthou dit was proseliete, dws nie-Jode wat die Joodse geloof aangeneem het) het reeds op Pinksterdag die evangelie gehoor (kyk Hand 2:11). Die Ethiopiër ook (Hand 8).
      Dit was dus nie die eerste keer nie, hoewel die toespraak wel ‘n belangrike een was, gegewe die geweldige reaksie – en dit was ‘n bevestiging dat hulle op die regte pad is met die eerste sendingreis.
      God se seën het daarop gerus.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed