Kies ‘n manier van Bybellees
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief van aard.
Die idee met alle metodes is om beide die breë lyne van boek of hoofstuk van die Bybel asook die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om daaroor te gesels. Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Hier is ’n aantal metodes waaruit jy kan kies.
Drie simbole
Werk met drie simbole waaroor jy dan kan reflekteer:
! – IETS WAT JOU GETREF HET
? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
Eenvoudige luistersiklus
- RUS
- Raak bewus van jou diepste behoeftes.
- Gee dit in gebed aan God.
- HOOR
- Lees die Skrifgedeelte hardop.
- Dink na oor wat jou daarin tref.
- LEEF
- Wat lê die Here nou op jou hart?
- Besluit op ‘n gepaste reaksie en sluit met gebed af.
Lees soos ‘n Kunstenaar[1]
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
Lees soos ‘n Speurder
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
Lees soos ‘n Skatkisjagter
- Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Lees soos ‘n Vakleerling
- Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met God in die lewe onderneem.
[1] Hierdie en die volgende 3 metodes kom van Adele Calhoun af (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief.
Tags: Bybel, Bybelstudie, Bybelstudie metodes
Trackback from your site.


April 30, 2012 (10:15) Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae Pragtige boodskap vir oud en jonk! Leef!! ...Het God lief en doen wat jy wil (Augustinus)
April 26, 2012 (12:50) Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar Gesels gisteraand met die groep in Somerstrand oor Jakobus 3 se visie oor wysheid: "13 Is daar...
April 24, 2012 (5:25) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Hi Chris, Dis vir my so wonderlik dat God ons soekend geskep het, na `n godheid, Homself. As on...
April 24, 2012 (9:30) Prediker 8:1-17 – Die voordeel en frustrasie van wysheid Chris, gedurende die nag van pyn dwaal my gees in tussen slaap+ beswyming dan verskyn jou naam ...
April 23, 2012 (12:59) Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking Ek is bly! Rethie en die span van Klema en Somerstrand mag maar, nê!