1 en 2 Timoteus

Written by Chris van Wyk on 13/02/2012. Posted in Timoteus

Print Friendly
Die 2 briewe aan Timoteus, sowel as die brief aan Titus, staan bekend as die pastorale  briewe.  Sommige voeg Filemon ook daarby.  Dit is briewe wat aan hulle as pastors gerig is en handel oor hoe hulle die pastorale bediening van hulle onderskeie gemeentes moet behartig.  Daarom word sterk aandag gegee aan hulle persoonlike roepingsbewussyn, gefokus op hoe om die regte leer en lewe te handhaaf in ‘n situasie waar daar toenemend valse leerstellings die kop uitgesteek het, en aandag gegee aan die funksionering van die gemeente in terme van ouderlinge, diakens en ander geestelike werkers.

Hoewel daar baie verskil van mening is onder geleerdes wanneer die briewe geskrywe is, en of dit hoegenaamd deur Paulus geskrywe is, lyk dit uit die briewe se eie interne gegewens asof die eerste brief aan Timoteus van ‘n tyd net na die gevangeniskap in Rome praat, want Paulus skryf dit waarskynlik uit Masedonië (1 Tim 1:3) in 62-63 nC.  Die brief aan Titus kom waarskynlik ook uit hierdie tyd, en wel net nadat Paulus vir Titus agtergelaat het in Kreta (Tit 1:5). Dit veronderstel dat Paulus ‘n “vierde sendingreis” onderneem het deur Masedonië, Klein-Asië en Kreta, voor hy hom weer in Rome bevind.  Die tweede brief aan Timoteus word duidelik weer uit die gevangenis in Rome geskryf (2 Tim 1:8, 17; 2:9) in 63-64 nC.  Hierdie geskiedenis word dus nie deur die boek Handelinge beskrywe nie.

Timoteus was afkomstig van Listra en het heel moontlik tot bekering gekom met Paulus se eerste besoek daar tydens sy eerste sendingreis.  Dit is die plek waar Paulus gestenig is en as’t ware uit die dood opgestaan het (Hand 14:19-20).  Sy pa was ‘n Griek, en sy man, Eunice, ‘n Joodse Christen – soos trouens sy ouma Loïs ook was (Hand 16:1; 2 Tim 1:5).  Met Paulus se tweede besoek aan Listra het Timoteus by Paulus aangesluit nadat hy besny is, waarskynlik omdat sy ma ‘n Jodin was.  In Timoteus het Paulus ‘n jong gelowige gevind wat met oorgawe hom aan die bediening gegee het.

Timoteus is met die skrywe van die brief die pastor van Efese, die plek waar Paulus ook vroeër lank gewerk het (Hand 18-20).

‘n Kort oorsig van tekste waarin Timoteus in die NT genoem word

  • Gewerf vir die evangelie in Listra op Paulus se 2de sendingreis – Hand 16:1-3
  • Bedien saam met Paulus in Berea en bly in Masedonië agter – Hand 17:10-15
  • Sluit aan by Paulus in Korinte – Hand 18:5
  • Word genoem in Paulus se brief aan Tessalonika terwyl hulle in Korinte werk – 1 Tes 1:1; 3:2,5,6
  • Word na Korinte gestuur om hulle te bedien namens Paulus, terwyl hy op sy 3de sendingreis in Efese werk – 1 Kor 4:17; 16:10
  • Word weer gestuur na Masedonië op die 3de sendingreis – Hand 19:22
  • Word genoem in Paulus se brief aan Korinte wat hy in Masedonië  skryf – 2 Kor 1:1,19
  • Word uit Masedonië gestuur na Troas – Hand 20:4
  • Werk saam met Paulus in Korinte aan die einde van die 3de sendingreis, net voor hulle die dankoffer Jerusalam toe sou neem – Rom 16:21
  • Word genoem as medeskrywer en dienaar van Christus in Paulus se brief aan Filippi uit Rome – Fil 1:1; 2:19,22
  • Word nog drie keer in briewe genoem: Kol 1:1, Filemon 1:1 (beide uit die tronk, waarskynlik Rome)
  • Beland self in die tronk, waarskynlik in Rome (Hebr 13:24), en word weer vrygelaat, hoewel ons nie enige detail daaroor het nie – Hebr 13:23.

related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed