1 Timoteus 1:1-20 – ‘n Lewe in geloof wat pas by die gesonde leer

Written by Chris van Wyk on 13/02/2012. Posted in Timoteus

Print Friendly
Let op hoe doelgerig Paulus hierdie brief skrywe.  In hierdie eerste hoofstuk groet Paulus hom (1:1-3), beweeg onmiddelik na ‘n bespreking van die uitdaging van die mense in Efese wat valse leerstellings versprei (1:4-7), en gee vir Timoteus twee teologiese argumente as skietgoed (regte gebruik van die wet; regte begrip van die evangelie – 1:8-17) en eindig met ‘n oproep aan hom om die goeie stryd van die geloof te stry (1:18-20), dws ‘n lewe in geloof wat pas by die gesonde leer.

Die sleutel tot ‘n begrip van hierdie valse leraars se beheptheid met mitiese verdigsels, eindelose geslagsregisters en ‘n fokus op die wet, lê waarskynlik in die feit dat hierdie kennis ‘n skyn van diepte en misterie gehad het, iets wat net vir die ingewydes bedoel is, en net deur hulle verstaan kan word.

Die evangelie van Jesus Christus is darenteen ‘n baie publieke geloof, iets wat aan ‘n kind verduidelik kan word, en wat om ‘n rein hart en goeie gewete, en opregte geloof en liefde gaan.  Kennis is goed, maar net nuttig, as dit die doel dien dat ‘n mens in jou geloof in God gevorm word.

Daarom moet die dwaalleraars teëgegaan word, nie om hulle net te verneder of aan die kaak te stel nie, maar met die doel om hulle in liefde reg te help.  Dit is soos die tug altyd moet werk, om mense in liefde te help om weer van binne af te herstel om die gesonde leer aan te hang.

Paulus fokus dan op die regte verstaan en gebruik van die wet, en lê dit uit as iets wat eintlik vir die ongehoorsames bedoel is – en hy gee sommer ‘n lysie van die mense vir wie dit bedoel is.  Daarteenoor is die fokus van die evangelie om insig in die heerlikheid van die “goeie God” te verkry en Hom te dien.

Later sal Paulus verder hieroor skrywe en vir Timoteus waarsku teen mense wat die wet op ‘n beperkende wyse gebruik (in terme van die huwelik en dieet), teenoor die evangelie wat juis vryheid bring (1 Tim 4:1-5).

Vanuit Paulus se persoonlike Damaskus-ervaring kan hy onomwonde verklaar dat die genade en geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus betroubaar is en sonder voorbehoud aanvaar kan word.  Trouens, Paulus is by uitstek ‘n voorbeeld van hoe ruimhartig God is, omdat Hy hom aanvaar het ten spyte van sy vervolging van Jesus in die tyd van sy ongeloof.

Dit is met hierdie woorde in gedagte – 1) die regte begrip en gebruik van die wet; 2) die regte begrip en verstaan van die evangelie; 3) Paulus as voorbeeld van hoe God se genade werk – dat Timoteus die goeie stryd moet stry, aan die geloof moet vashou en ‘n goeie gewete moet behou.  Hy moet ook onthou van diegene wat juis nie dít reggekry het nie (Himeneus [ook 2 Tim 2:17]en Aleksander [ons weet nie wie dit presies was nie – kyk self na die volgende verwysings van ‘n Aleksander: Hand 4:6; Mark 15:21; Hand 19:33; 2 Tim 4:14]), sodat sy geloof nie ook soos hulle s’n skipbreuk ly nie.  Die verwysing na “aan die Satan oorgegee” beteken waarskynlik dat hulle lidmaatskap van die gemeenskap van gelowiges opgesê is.  Hulle was dus nie meer geag as deel van die koninkryk van die lig nie, maar deel van die koninkryk van Satan.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed