1 Timoteus 3:1-13 – Ouderlinge en diakens van karakter

Written by Chris van Wyk on 15/02/2012. Posted in Timoteus

Print Friendly
Na Paulus nou die plek van gebed in die gemeente uitgespel het in hoofstuk 2, brei hy nou uit oor die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, eerstens met betrekking tot ouderlinge en tweedens tot diakens.

Ouderlinge – 3:1-7

Die Griekse woord vir ouderling wat hier gebruik word, is eintlik episkopos (biskop) maar word deur baie as ‘n sinoniem vir prebuteros (ouderling) beskou, wat elders gebruik word (Hand 20:17,28; Tit 1:5,7).

Let op dat die ouderling se werk nie in terme van pligte as sodanig uitgespel word nie, maar as ‘n manier van leef.  Dit moet wys in sy private persoonlike gesinslewe (wat onder andere insluit dat hy een vrou sal hê en nie buite-egtelike verhoudings sal aanknoop nie), sowel as in die publieke lewe.   Dit enigste werklike verantwoordelikheid kan afgelei word uit die voorskrif dat só ‘n persoon bewaam moet wees om te onderrig.

Diakens – 3:8-13

Net so fokus Paulus op die karakter van die diakens, en nie soseer oor wat hulle in die gemeente moet doen nie.  Sy persoonlike en familielewe moet in ooreenstemming wees met sy of haar belydenis van geloof.

Vers 11 praat van vroue wat van goeie karakter sal wees en in alles betroubaar.  Die woord gunaikas word gebruik (meervoud van gune, wat ons ook in 2:9 teëgekom het).  Die woord kan weereens óf vroue in die algemeen óf vroulike eggenote beteken.  In die eerste geval kan dit met ‘n vroulike diakenamp verbind word, soos baie geleerdes dit doen, en in die tweede geval kan dit dui op die diakens se vroue wat ook mense van goeie karakter sal wees, soos ander geleerdes aandui.

Dit is nie só belangrik watter keuse ‘n mens hier maak nie, want die vraag of vroue diakens kan wees of nie, hang nie van hierdie vers se interpretasie af nie.  Om die waarheid te sê, vroue was na alle waarskynlikheid reeds voluit in die ampte van daardie tyd betrokke, Junias as apostel (Rom 16:7), en Phoebe as leraar of diaken (Rom 16:1) en nóg ander as huiskerk leiers.


related post

Trackback from your site.

Comments (4)

  • De Bruto Meyer Jnr on Facebook
    15/02/2012 at 21:23 |

    Ek weet die ultimate antwoord kom by die Goddelikheid uit. Maar meer aards, deur wie?

    • Chris van Wyk
      15/02/2012 at 23:18 |

      Daar is nie eenvoudige antwoorde daarop nie. Die een wat vir my die meeste sin maak, is om die onderskeiding hier rondom in die gemeenskap van gelowiges te doen. Maar dit veronderstel ‘n gemeenskap van gelowiges wat dissipelskap ernstig neem en ook bereid is om te groei daarin. Miskien lê die uiteindelike antwoord daarin dat ons meer inskiklik teenoor mekaar moet wees, meer verdraagsaam, meer aanvaardend, want dit gee ‘n veiliger ruimte waarbinne mense verantwoordelikheid kan neem, sonder om die hele tyd te vrees dat iemand foute in fatalities sal verander nie.

  • De Bruto Meyer Jnr on Facebook
    15/02/2012 at 11:29 |

    Asseblief! Hierdie is persoonlike ervaring en iets wat n algemene siening iswas waarheen ek ook al verplaas was of kontak hetgehad het in sekere gemeentes in die gereformeerde 3 kerke oa ( ou name) Ooste v Pta, Potgietersrus, Lichtenburg, Coligney, Pietersburg, Nelspruit, Wesrand. Ouderlinge onderrig NIE, ouderlinge bestuur. Ouderlinge is nie noodwendig n voorbeeld vir ander nie. Ouderlinge twis, ouderlingskap is n posisie van aansien, maar dien nie. Ek wens die persepsie kon anders wees

    • Chris van Wyk
      15/02/2012 at 14:54 |

      Ten minste het ons in Timoteus dus ‘n standaard waarmee ons kan werk. Die Here soek natuurlik ook nie perfekte mense nie, net gewilliges wat bereid is om gedissipel te word.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed