1 Timoteus 3:14-4:16 – Die gemeente as draer en beskermer van die waarheid

Written by Chris van Wyk on 16/02/2012. Posted in Timoteus

Print Friendly

Draers en beskermers van die waarheid – 3:14-16

Dit is insiggewend dat hoofstuk 3 afsluit met ‘n herinnering aan die leierskap dat hulle die oorsprong en doel van die gemeente in gedagte moet hou: 1) dat dit die gemeente is van die lewende God, en 2) dat hierdie gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid” (vers 15).  God is die middelpunt van die gemeente, en Hy is die lewende, die een wat goed laat gebeur.  Hy kies die gemeente as die draer en beskermer van die waarheid, wat natuurlik nie net op die waarheid van die evangelie dui nie, maar op die Waarheid in terme van die persoon en werk van Jesus Christus.

Laasgenoemde frase, dat die gemeente “die draer en beskermer is van die waarheid”, vertaal ‘n paar Griekse woorde wat letterlik vertaal kan word dat die gemeente: “die pilaar en grondslag van die waarheid” is.  Die gemeente word dus met metafore uit die boubedryf beskryf.  Paulus wil dus sê, dat die waarheid van die evangelie en die bewussyn van die Waarheid, Jesus Christus, berus op die bevestiging en ondersteuning wat dit geniet binne die gemeenskap van gelowiges.

Let op hoe Paulus hiermee eintlik ook die doel uitspel van die lewe in geloof (hoofstuk 1), die lewe in gebed (hoofstuk 2) en die lewe met karakter van die leiers van die gemeente (hoofstuk 3).  Alles en almal moet meewerk om die evangelie van Jesus Christus aan hierdie wêreld op ‘n egte en outentieke manier bekend te stel.

Paulus gee hier ‘n beskrywing van hierdie evangelie met wat waarskynlik ook ‘n lied was wat in die vroeë kerk gesing is.  Let op die ooreenkomste en verskille met 2 ander liedere oor Jesus: Fil 2:5-11 en Kol 1:15-23.

Die gevaar van afvalligheid – 4:1-5

Die rede dus vir die standvastigheid van die gemeente word nou uitgespel.  Die waarheid moet gekoester word, omdat die gevaar van afvalligheid so groot is.  Die bron van die dwaalleringe oor die huwelik en kos word as leerstellings van bose geeste uitgespel, hoewel die bose geeste blykbaar sinoniem met die dwaalleraars self is.  Wat as ‘n diep waarheid verkondig word – om jou van die huwelik en sekere kossoorte te weerhou – bly skynheilige misleidings te wees, verdraaiings van die waarheid.  En die gemeente moet hulle nie daardeur laat meesleur nie.  God werk nie beperkend nie, maar helend en heiligend.

Die fokus van die bediening – 4:6-16

Waar Paulus in die eerste 3 hoofstukke uitgebrei het oor die geloof en gebed van die gemeente, sowel as die karakter van die leierskap, fokus hy Timoteus se aandag nou op sy eie bediening in die gemeente.  En sy hoofopdrag is om hierdie dinge aan die gemeente voor te hou, sodat die gemeente sy funksie as draer en beskermer van die waarheid kan vervul.

Om dit goed te kan doen, moet hy nougeset let op sy eie leer en lewe, sodat hy self in totale toewyding aan die Here kan leef, en ‘n voorbeeld vir die gemeente en die gelowiges kan wees.  Die primêre “tools” wat hy het, is 1) die Woord, en 2) die voorbeeld van sy eie lewe, wat van net soveel karakter as die ander leiers, indien nie meer nie, moet getuig.


related post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed