1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou

Written by Chris van Wyk on 20/02/2012. Posted in Timoteus

Print Friendly
Waar Paulus in hoofstuk 5 oor Timoteus se bediening IN die gemeente gepraat het, en leiding gegee het oor die onderlinge onderskraging, praat hy nou oor die bediening van die gemeente na BUITE in die gemeenskap. Die onderlinge onderskraging moet na buite in onderlinge eerbetoon uitmond, sodat mense in hulle werksverhoudinge kan sien hoe die evangelie werk.

Let op hoe Paulus die onderlinge eerbetoon motiveer: “sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie”. Die gemeente is die draer en beskermer van die evangelie, en doen dit deur in leer en lewe opreg en outentiek te lewe. En veral in die werkplek kan die naam van God in gedrang kom, sowel as die leer van en geloof in Christus, as hulle met mekaar in konflik oor allerlei sou wees.

Lojaliteit aan mekaar en aan die evangelie is nie onderhandelbaar nie. Die bande tussen gelowiges is deur God gesmee, soos trouens ook hulle bande met Hom. En dit moet bo alles gehandhaaf word. Selfs ons onderlinge vermaning, bemoediging en onderskraging moet uit hierdie diep bewussyn van eenheid met mekaar en God gedoen word.

Vers 1-2 – Lojaliteit aan mekaar

Hierdie lojaliteit aan God en mekaar moet in alle lewensverbande gehandhaaf word.  Die een verband wat Paulus uitlig, is die werkplek, waar gelowiges wat in ’n ongelyke situasie met mekaar moet saamwerk (slaaf vs eienaar), mekaar steeds as broers en susters moet raaksien en respekteer.

Vers 2b-10 – Wees tevrede met wat jy het

Maar dit gaan nie net oor die verhouding slaaf vs eienaar nie.  Dit raak ook die wyse waarop ’n mens dink oor jou doel op aarde.  Gierigheid is altyd ’n groot versoeking, wat selfs wanneer jy met die dinge van die Here besig is, jou kan verlei om daaruit geld te probeer maak.  Die einde daarvan is dat jy van die geloof sal afdwaal en in allerlei ellende beland.  Daarom is Paulus se raad aan Timoteus en sy gemeente om tevrede te wees met wat hulle het.

Vers 11-21 – Stryd die goeie stryd van die geloof

Dan keer Paulus terug na Timoteus se eie lewe en roeping, en moedig hy Timoteus aan om met alles in hom die goeie stryd van die geloof te stry.  En dit tref my hoe Paulus hom motiveer met 2 goed.

  1. Aan die een kant vestig hy sy aandag op dit wat agter hom lê, God wat aan alles die lewe geskenk het, en Jesus Christus wat met sy lewe en bediening die wêreld verander het.  Dit is die stukrag in sy lewe, waaruit hy krag kan put om sy roeping na te kom en enduit te voltooi.
  2. Aan die ander kant skets hy vir hom ’n gloeiende prentjie van die toekoms wat op die bestemde tyd sal aanbreek.  Let op met hoeveel passie Paulus vir God teken: “die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers”.  Maar dié God is nie net die eerste in die Skepping nie, Hy is ook weergaloos in sy wese: “Hy alleen besit onsterflikheid.” “Hy woon in ontoeganklike lig.”  “Aan Hom om toe eer en ewige mag.”

Paulus keer terug na ’n laaste gedagte oor rykdom, en spreek hom sterk uit oor die onsekerheid van rykdom.  Die enigste lewenstyl wat sin maak vir die gemeente, is om hulle hoop op God te vestig wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.  Woorde wat herinner aan Jesus in die Bergrede, dat God dié wat die koninkryk najaag, ook sal gee wat hulle nodig het (Matt 6:33).

Die rykdom wat tel is die rykdom in God, en dit kom deur goeie dade, vrygewigheid en mededeelsaamheid, nie gierigheid en inhaligheid nie.  In ekonomiese taal sluit Paulus af deur te sê, rykdom in God is die belegging wat die toets van die tyd sal deurstaan.


related post

Huibrie Marais Du Toit liked this post

Trackback from your site.

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed