Titus 2:1-15 – Gesonde leer

Written by Chris van Wyk on 22/02/2012. Posted in Titus

Print Friendly
Paulus begin die hoofstuk met die klem op die gesonde leer (hugiainoo didaskalia).  Hiermee bedoel hy nie soseer die sistematisering van die Christelike geloof wat ‘n mens aan ‘n kweekskool of universiteit sou leer nie, maar eerder die praktiese toepassing van die geloof, waarin hulle deur Paulus onderrig is.  ‘n Mens sou ook daarvan as dissipelskap kon praat, as’t ware die praktiese implikasies van jou geloof in Jesus Christus.

Let op hoe hy hierdie praktiese toepassing van die geloof uitspel vir dieselfde groepe as wat hy in 1 Timoteus 5:1-2 en 6:1-2 ook genoem het: ouer mans, ouer vroue, jonger vroue, jonger mans en slawe.  Die geloof moet dus praktiese gestalte kry in ‘n verskeidenheid van sosiale groeperinge.

En let veral op dat sy motivering vir hierdie opdrag lê in die impak wat dit sal hê op mense wat nog buite die gemeente staan

‘n Lewe wat in ooreenstemming met die gesonde leer geleef word, sal:

  • die woord van God nie in diskrediet bring nie (2:5),
  • die teenstanders in verleentheid bring dat hulle niks slegs sal kan sê van Christene nie (2:8) en
  • die aansien van Jesus Christus verhoog (2:10).

Om dit te kan regkry, moet Titus nie net praat daaroor nie, maar as voorbeeld vir hulle wys hoe.

Let ook op hoe Paulus – weereens soos hy in 1 Timoteus geskrywe het – ‘n verdere motivering vir hierdie opdrag gee deur na God se werk in die verlede te wys, sowel as na wat in die toekoms vir ons wag.  God se doel met ons is om ons van alle ongeregtigheid vry te maak, van ons sonde te reinig, sodat ons nie net aan sy volk kan behoort nie, maar ook ywerig sal wees om die goeie te doen.


related post

Trackback from your site.

Comments (1)

Leave a comment

NG Kerk Somerstrand

  • 03 - Om te LUISTER
    Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30 – lectio Verwelkoming Ons is besig om Lectio Divina in te oefen, ’n geestelike lees van die Bybel.  Die oorhoofse tema is IN GESPREK MET GOD.  My hoop en verwagting is dat elkeen van julle in julle Godservaring sal groei. Daarom werk ons elke aand deur die bekende siklus van RUS, HOOR, en LEEF.  Ons fokus vanaand op d […]
  • 02 - Om tot RUS te kom
    Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30 – silencio Verwelkoming Ek wil weer begin met ’n prentjie – een van Alida Bothma, in julle boekies op die binneblad – waarin sy die lewensveranderende gesprek van Jesus met die Emmaus-gangers illustreer, Kleopas en waarskynlik Maria (Joh 19:25).   My gebed is dat hierdie moment vir elkeen van ons sal aanbreek hierdie […]

Read feed

Communitas

  • Verder geluister: Romeine 8:22-27
    Ons diepste HoopIn Romeine 8:22-27, wat deel is van Paulus se hantering van die nuwe werklikheid waarin gelowiges deel (Rom. 5-8), fokus Paulus op die diepste hoop van Christene.  Vir baie gelowiges bestaan hulle hoop doodgewoon daaruit dat hulle eendag by God in die hemel sal wees.  Die res van die skepping sal dan gesloop word sodat net die hemel, engele e […]
  • Theological turn in Youth ministry - Andy Root and Kenda Creasy Dean
    In discussion about the phenomenon of spiritual Youth claiming to be Christian based on a Moralistic Therapeutic DeismOpening deur Dekaan.mp3 - Nico Koopman - 8.3 MBIdentity.mp3 - Andy Root - 28.8 MBTheological Discernment.mp3 - Andy Root - 29.8 MBA New Look at Missiology.mp3 - Kenda Dean - 7.1 MBHow does a Missional Church look like?.mp3 - Kenda Dean - 10.7 […]

Read feed